Vra vir Faffa

Hoeveelheid kos wat ‘n boerbok vreet

Vraag

Hoeveel vreet 'n boerbok op 'n dag in die kraal wanneer gebalanseerde voer gegee word?

Antwoord

Die daaglikse droë materiaalvoerinname is afhanklik van die massa van die bok asook sy fisiologiese status (bv. groeiend; onderhoud; dragtigheid en laktasie). Die gemiddelde voerinname volgens NRC (2007) is as volg: 

Onderhoud: ± 2 .0 % van liggaamsmassa
Vroeë en middragtigheid met enkelingfetus: ± 2.3 %
Vroeë en middragtigheid met tweelingfetus: ± 2.5 %
Laatdragtigheid met enkelingfetus: ± 3.0 %
Laatdragtigheid met tweelingfetus: ± 2.7 %
Laktasie met enkeling: ± 2.8 %
Laktasie met tweeling: ± 3.3 %
Ramme vir onderhoud: ± 2.0 %
Ramme vir prikkelvoeding: ± 2.3 %
Groeiende bokkies: ± 4.0 – 4.5 %
 
Bogenoemde voedingspeile is volgens die Amerikaanse standaarde, maar soms vind ons in Suid-Afrika dat laatdragtige en lakterende ooie meer vreet.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
21 September 2010

Kommentaar

Een kommentaar op “Hoeveelheid kos wat ‘n boerbok vreet

  1. cathy
    cathy

    ons het n boerbok en wil graag weet wat hulle alles mag en kan eet? moet ons voer aankoop of is die gras en blare in die kamp voldoende vir boerbokke?


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X