Vra vir Faffa

Hoenders as draers van kalwersiektes

Vraag

My kalwers kry maagloop wat moeilik voorkombaar is. Kan die hoenders wat losloop tussen die hokke enige siektes aan die kalwers oordra?

Antwoord

Sekere siektes kom slegs in een diersoort voor, soos varkpes, maar ander kan ’n wye verskeidenheid diere aantas. Kolibasillose en paratifus [sekere stamme E. coli en Salmonella] kan deur beide hoenders en kalwers gedra word en draerhoenders kan sodoende die kalwers besmet. Hoenders kan ook bloot ’n vervoermiddel van siektes tussen kalwers wees, veral as hulle in die kalwers se voerbakke peusel. Kieme van een kalf kan aan die bekke en kloue van hoenders vassit en die volgende voerbak besmet. Sodoende word siektes van een kalf na die ander oorgedra.

Geskryf deur: Marijke M Henton, Bakterioloog, Idexx, (maryke@idexxsa.co.za)
24 Mei 2012

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X