Vra vir Faffa

Hoekom beeste nou vir bosluise behandel?

Vraag

Waarom moet beeste nou vir bosluise behandel word?

Antwoord

Vraag:
Bloubosluise suip bloed wat tot gewigsverlies lei, wat weer tot swakker konsepsiesyfers lei en minder geld in jou sak sit. Ons praat nie eers van rooiwater en bosluisgalsiekte (anaplasmose) wat deur bloubosluise oorgedra word nie. Waarom moet beeste nou vir bosluise behandel word?

Antwoord:
Bloubosluise is een van die beesboer se grootste vyande! Die bosluis is ‘n eengasheerbosluis wat beteken dat die larwes, nimfe en volwasse bosluise almal op dieselfde gasheer voorkom. Die tydperk vandat die larf op die dier klim en totdat die volgesuigde wyfie afval, is ongeveer 3 weke. Die wyfie val af, lê ongeveer 3 000 – 5 000 eiers waarna die eiers uitbroei en larfies op die weiding klim. Onder ideale weersomstandighede van hoë temperatuur en vogtigheid, is hierdie tydperk ongeveer 5 weke. Deurdat die lewensiklus so kort is, is daar ‘n hele paar generasies wat voorkom gedurende die warmer en natter lente, somer en herfsmaande.

Daar is gevind dat gedurende die kouer winter en vroeë lente die eiertjies stadiger ontwikkel. As die weerstoestande in die lente en vroeë somer gunstiger word vir ontwikkeling, is daar ‘n konsertina effek en ‘n "larf populasie ontploffing" vind plaas op die weiding.

Om hierdie eerste vlaag van bosluise te keer moet beeste nou vir onvolwasse bosluise behandel word voordat hulle volsuig en duisende eiertjies lê om later in die somermaande groot verliese te veroorsaak. Prof. Ivan Horak van die Universiteit Van Pretoria het uitgewerk dat vir 70 volgesuigde bosluise daar 10 000 bosluise op die dier is wat jy glad nie sien nie, omdat hulle so klein is. Onthou dat wanneer jy beeste in ‘n nuwe kamp sit, hulle na 15 dae behandel moet word voordat bosluise volsuig, afval en duisende eiertjies lê.

Middels van Intervet wat gebruik kan word, is:
Delete X5 – Reg. No. G3279 Wet 36/1947
Deltab – Reg. No. G2517 Wet 36/1947
Deltab Back Pack- Reg. No. G2518 Wet 36/1947
Notix NF – Reg. No. G3537 Wet 36/1947
Taktic Cattle Spray- Reg. No. G2535 Wet 36/1947
Taktic LS – Reg. No. G2536 Wet 36/1947
Taktic TR – Reg. No. G2537 Wet 36/1947
Taktic Wettable Powder – Reg. No. G2538 Wet 36/1947
Delete – Reg. No. G2815 Wet 36/1947
Delete All – Reg. No. G2837 Wet 36/1947
Taktic PO – Reg. No. G2927 Wet 36/1947
Ivotan – Reg. No. G2858 Wet 36/1947

Intervet doen ook gratis toetse om die bosluis-weerstandstatus op die plaas te bepaal.

22 November 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X