Vra vir Faffa

Hoe Johne se siekte versprei

Vraag

Hoe maklik versprei dit as die siekte op jou buurman se plaas is?

Antwoord

Johne se siekte het ‘n baie lang inkubasieperiode. Daar mag ook draerdiere van hierdie siekte wees. Hierdie diere is besmet, maar wys geen siektetekens nie. Sulke diere skei bakterieë met tussenposes in die mis uit. In ‘n kudde is daar gewoonlik baie meer van hierdie draerdiere as diere wat kliniese tekens wys en boere moet dus weet dat een so ‘n draerdier die kudde en plaas kan besmet. Daarom is die nodigheid van ‘n verkopersdeklarasie (aangeheg) so van uiterste belang!     Vir inligting oor die siekte gaan na hulp.landbou.com Klik op Indeks van antwoorde Klik op Skape Klik op Siektes Klik op Johne se siekte Ek heg  een skakel aan, maar gaan kyk ook na die ander antwoorde https://hulp.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/johnes-die-sluimerende-siekte/   Die mis van besmette skape bevat die bakterieë. As jy praat van die siekte by jou bure is daar altyd die moontlikheid dat die bakterieë deur afloop reënwater in die mis na jou plaas kan versprei. ‘n Besmette skaap kan dalk deur die draad spring en op die weiding mis (alhoewel dit onmoontlik klink kan dit wel gebeur !) In die Oos-Kaap versprei die siekte al langs die Visrivier. Die bakterieë kan dus deur besproeiing versprei. Daar kan besmette mis op die skoene van mense vaskleef en daardeur versprei word. Inkoop van besmette skape is heelwaarskynlik die mees algemene manier waarop die siekte versprei. Waak teen die aankoop van diere waarvan die oorsprong nie bekend is nie. Vervoer van diere op vragmotors en bakkies waar die bakke nie ontsmet is nie.   Johne se siekte is ‘n staatsbeheerde siekte en boere is wetlik verplig om die siekte by die staatsveearts in sy/haar area aan te meld.   Wees dus altyd op jou hoede en dink altyd daaraan om biosekuriteit te handhaaf.   Aangeheg is ‘n verkopersdeklarasie wat aangevra moet word sodat die koper presies kan weet wat sy risiko is om Johne se siekte in te koop. Dit is veral van belang as Johne se siekte nie in sy/haar kudde is nie! Hierdie deklarasie is goedgekeur deur die Kleinvee Gesondheidsadviserende Liggaam (Small Stock Health Advisory Body –  SSHAB).   Geskryf deur dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za) en prof. Gareth Bath (gfbath@gmail.com)   6 April 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X