Vra vir Faffa

Heupdisplasie en geboorte

Vraag

Kan 'n hond met heupdisplasie normaal geboorte kan skenk? 'n Veearts beantwoord hierdie vraag.

Antwoord

Vraag:
Ek het ‘n rukkie gelede ‘n boerboelteef gekry en dit lyk of sy aan heupdisplasie ly. My reun het haar gedek. Sal sy normaal geboorte kan skenk? – Riaan (riaan@ist.co.za)

Antwoord:
Daar is verskeie faktore wat bepaal of die boerboelteef normaal geboorte sal skenk. Die deursnee van die geboortekanaal hang af van die benige sowel as spier- en sagte weefselkomponente, wat nie op Roentgenfoto’s (x-strale) beoordeel kan word nie.

Die grootte van die werpsel bepaal ook die relatiewe grootte per kleintjie en dus die kans op distokie (geboortekomplikasie). Dan is daar natuurlik ook die kans dat distokie weens ander oorsake as wat deur die fetus en moeder se verhouding tot mekaar, veroorsaak kan word.

Heupdisplasie (HD) is ook poligeneties van aard (met ander woorde meer as een geen speel ‘n rol in die voorkoms van HD) en aangetaste diere behoort gesteriliseer te word. Kortliks, sy het ‘n verhoogde kans op distokie, maar die omvang van die verhoogde risiko is ten beste ‘n raaiskoot.

 

  • Geskryf deur: Dr Henry Annandale, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria.

    18 September 2007


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X