Vra vir Faffa

Heupdisplasie by honde

Vraag

Wat is die beste behandeling vir honde met heupdisplasie? 'n Veearts gee raad.

Antwoord

VRAAG:
Wat is die beste behandeling vir honde met heupdisplasie? Ek het ‘n twee en ‘n half-jarige Weimaranerreun (gekastreer) wat aan heupdisplasie ly. – Elma van Rensburg (elmajvr@telkomsa.net)

ANTWOORD:
Wat is heupdisplasie?
Heupdisplasie verwys na ‘n verskeidenheid van abnormaliteite van die femur- of dybeenkop en die heuppotjie.

Hoe ontstaan heupdisplasie?
Dit is ‘n kondisie wat gedurende die ontwikkeling van die hond ontstaan. Dit is veral algemeen in grootras honde wat vinnig groei en dit is geneties oordraagbaar.

Klassifikasie van heupdisplasie
Daar bestaan verskillende grade van heupdisplasie en dit word bepaal deur die neem van X-strale.

Behandeling
Vir die keuse van behandeling, word die volgende faktore in ag geneem:
1. Die ouderdom asook die algemene gesondheid van die hond.
2. Die kliniese tekens, wat verband hou met heupdisplasie, wat die hond toon.
3. Die X-strale van die heupgewrigte.
4. Finansiële posisie van die kliënt.

Behandeling beoog om die pyn te beheer, verdere gewrigskade te bekamp en die gewrigsfunksionaliteit te bevorder.

Behandeling kan konserwatief wees en anti-inflammatoriese middels en ander middels om kraakbeen te bevorder, asook beheerde oefening, veral swem, insluit. Daar kan ook op chirurgie besluit word. Dit is dus wenslik dat ‘n veearts u Weimaraner sal ondersoek om te bepaal watter behandeling effektief sal wees vir die spesifieke pasiënt.

 

  • Geskryf deur: Dr. Sunelle Strydom, Intervet

    4 Julie 2007


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X