Vra vir Faffa

Heupdisplasie by honde

Vraag

Sal 'n boerboelteef wat aan heupdisplasie ly, normaal geboorte kan skenk?

Antwoord

Vraag:
Ek het ‘n rukkie gelede ‘n boerboelteef gekry en dit lyk of sy aan heupdisplasie ly. My reun het haar gedek. Sal sy normaal geboorte kan skenk? – Riaan (riaan@ist.co.za)

Antwoord:
Heupdisplasie is die abnormale toestand van die heupgewrig. Die potjie en kop van die femur mag aangetas wees.

Die volgende toestande mag oorsake van heupdisplasie wees:

  • Genetiese oorsake – die potjie is te vlak en die kop van die femur kan selfs uitglip en ‘n vals gewrig vorm. Sekere swaar en groot honderasse is meer geneig om heupdisplasie te ontwikkel.
  • Gewrigsontsteking.
  • Voedingswanbalanse.

    Jou teef sal ‘n normale geboorte kan gee ten spyte van die heupdisplasie. Onthou egter dat die toestand oorerflik mag wees en dus mag haar welpies ook heupdisplasie ontwikkel. Dit mag dus raadsaam wees om jou teef te laat steriliser nadat sy haar werpsel gespeen het.

    Heupdisplasie word gediagnoseer deur X-strale van u hond se heupe deur u veearts te laat neem. Daar is verskillende grade van die toestand. Telers van rasse wat geneig is om probleme met heupdisplasie te ontwikkel, sal kopers van hondjies van ‘n sertifikaat voorsien waarin daar gemeld word dat die ouers vry van heupdisplasie is. Alhoewel die ouers op X-strale vry van heupdisplasie blyk te wees, is daar wel ‘n kans dat hondjies later in hulle lewe heupdisplasie mag ontwikkel.

  • Geskryf deur dr. Carolyn Chelchinskey, Intervet.

    27 Oktober 2006


  • Kommentaar

    Een kommentaar op “Heupdisplasie by honde

    1. Norman.Rudman
      Norman.Rudman

      Ek het n worshond,ongeveer 5jaaroud.sy het begin lam raak,en agtervoetjies gesleep.teefhondjie,na veearts besoeke,pille ensv,is sy btjie beter,na 4 weke,haar maar stil gehou,oorsake wat genoem is,kruis wat verkalk,maag,maar ek vermoed dit kan n been,wees,wat obstruke veroorsaak,sy het btjie bloederigheid in haar stoelgang ook gehad.sal waardeer as enige iemand my raad,kan gee,oor die toestand,en of ek enige vitamien aanvullens vir haar moet kry.of iets anders.
      Baie dankie.


    Lewer kommentaar

    Slegs in Afrikaans

    Los 'n antwoord

    Alle velde moet ingevul word.

    Teken In

    Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


    Ek het my wagwoord vergeet X

    Registreer

    Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


    X