Vra vir Faffa

Het my skape Johne se siekte?

Vraag

Werkers het op my vragmotor geklim nadat hul skape afgelaai het van 'n ander boer met dié siekte. Wat is die kans vir die verspreiding na my skape?

Antwoord

Vraag:
Ek het skape by die slagplaas afgelaai. Werkers het op my vragmotor geklim nadat hul skaap afgelaai het van ‘n ander boer met die siekte. Wat is kans vir verspreiding na my skape? – Marinda (wimvdmerwe@intekom.co.za)

Antwoord:
Johne se siekte of paratuberkulose is ‘n kroniese besmetlike siekte van beeste, skape, bokke en sekere wilde herkouers. Die siekte word veroorsaak deur ‘n bakterie Mycobacterium avium subspesie paratuberculoses. In ‘n besmette kudde het die meeste diere geen kliniese tekens nie.

Kliniese tekens kom gewoonlik voor in diere wat ouer as 2 jaar is en hulle vermaer en het ‘n kroniese maagwerk.

In skape is die siekte die eerste keer in 1967 bevestig in ‘n Merinoram wat uit Duitsland ingevoer is. In 1996 is 52 skaapplase met die siekte bevestig in die Wes- en Oos-Kaap. Die siekte is ‘n aanmeldbare siekte sedert 1997.

Die bakterieë wat Johne se siekte veroorsaak, is relatief weerstandig teen slegte omgewingstoestande en kan oorleef in water vir ten minste 270 dae en 264 dae in beesmis. Die bakterieë word egter gedood deur meeste ontsmettingsmiddels.

Daar is ‘n korrelasie tussen die voorkoms van Johne se siekte en ‘n suur grondtipe waar daar ‘n hoër voorkoms van die siekte is in vergelyking waar die grond alkalies is.

U vra die vraag of die werkers die siekte kan oordra. Teoreties "ja" as die werkers in besmette skape se mis getrap het en weer die mis oorgedra het in die water of voer van u skape. U sal self moet gaan dink of dit moontlik was. Dit sou goed wees om die vragmotor se bak goed te ontsmet met bv. Mortaklenz, Intervet G1773. Die mis wat op die vragmotorbak was, moet op só ‘n plek uitgewas word dat die bakterieë wat dalk in die mis teenwoordig is, nie op die weiding of in die water van diere mag kom nie.

U moet onthou dat die tydperk van besmetting totdat kliniese tekens gesien word, baie lank is.

22 November 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X