Vra vir Faffa

Hawervergiftiging by skape en beeste

Vraag

Ek het skape en beeste wat op hawer wei vir so 5 ure per dag. Hoeveel uur per dag kan hulle hawer wei? Wat is die simptome van vergiftiging? Op die land het ek ook assegaaiklawer aangeplant. Groete Ashton Stevens

Antwoord

Daar is geen beperking op die tyd wat diere op hawer mag wei nie. Dit hang af van die beskikbaarheid, aantal diere en die ekonomie daarvan. Gewoonlik word dit nie as die volledige daaglikse voeding vir diere beskou nie (as gevolg van die kostes van so ‘n besproeide weiding). Droë weiding of hooi word meestal saam daarmee voorsien. ‘n Algemene stelling is ook dat dit meer ekonomies vir slaglamproduksie as vir vleisbeeste is.

Simptome van vergiftiging van skape of beeste op hawer is nie aan my bekend nie. (sien onderstaande antwoorde). As daar enige siektetekens voorgekom het, mag dit dalk opblaas, as gevolg van die assegaaiklawer, wees. Assegaaiklawer is bekend as een van die peulgewasse wat nie geneig is tot opblaas nie.
Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
23 Oktober 2011
Lees ook: Beeste vergiftig op hawerweiding
Vraag: Ek het haweraanplantings gedoen vir winterweidings.Gedurende die winter het twee beeste vermoedelik gevrek weens blousuurvergiftiging en ander het ernstige simptome van vergiftiging getoon na hul vir kort tye (4-5 ure) op die hawer gewei het. Die veearts, wat die diere behandel het, kon egter nie blousuurvergiftiging bevestig nie, maar het hul wel behandel vir vergiftiging. Die diere se simptome en nadoodse ondersoeke dui op tekens van blousuurvergiftiging. Die hawer het swaar ryp gehad en erge verwelking het plaasgevind. Sedert die dagtemperatuur begin optel het, het die hawer mooi herstel en uitgegroei. Ek het die beeste weer begin gewoond maak aan die hawer deur hul vir twee tot drie ure te laat wei per dag en dan terug te vat veld toe. Hul water bevat Hypo en blomswael is ook by hul winterlek gevoeg. Gister het ek hul vir 4 ure laat wei en vandag is daar 4 beeste wat lusteloos by die drinkbak lê en skaars kan loop as gevolg van styfheid. Die siek diere wissel van jong verse tot groot koeie. Ek het genoeg hawer om die 60 koeie en verse deur te sien na Oktober, maar het vanoggend handdoek ingegooi en besluit om hul permanent na spaarveld te skuif en eerder die hawer te vermy. Ek het u vorige kommentaar oor blousuurvergiftiging gelees en dat skeptisisme bestaan rondom hierdie diagnose. Is daar iets wat ek mis en kan die hawer getoets word? U voorstel sal waardeer word.
Antwoord:
Met die skielike vrektes soos beskryf sal ek meer bekommerd wees oor nitraat/nitrietvergiftiging met hawerweiding, veral as die land swaar bemes was met ‘n stikstof-bevattende kunsmis. In beeste word die nitraat in die grootpens verander na nitriet wat die rooipigment van rooibloedselle aantas en dan verhoed dat die rooibloedselle suurstof kan dra. Soms word ‘n bruin verkleuring van die bloed waargeneem. In plante wat beskadig is (soos met ryp en verwelking) kan die nitraat ook selfs in die plant na die giftige nitriet omgeskakel word.
U het reg opgetree deur die blootstelling aan hawer te beperk aangesien beeste kan aanpas by die hoër nitraat-bevattende weiding. Moet nie honger diere daarop plaas nie en indien moontlik gee hooi vooraf. Moet nie drukbeweiding toepas nie aangesien meer nitraat in die stingels as in die blare voorkom.
Die styfheid kan moontlik iets anders wees soos byvoorbeeld ‘n magnesiumtekort en u moet u plaaslike veearts versoek om die aangetaste diere klinies te ondersoek.
Geskryf deur: prof. Christo Botha, Toksikoloog, Fakulteit Veeartsenykunde (christo.botha@nashuaisp.co.za)
13 September 2011
Nitraat en nitriet vergiftiging
Nitraatvergiftiging is ‘n wêreldwye probleem in herkouers en word veroorsaak deur ‘n vergiftiging a.g.v. nitraatbevattende chemikalie?, kunsmis, onkruide, grasse, voer en water. In Suid-Afrika speel plante nie so ‘n groot rol in nitraatvergiftiging in vergelyking met nitraatbevattende water nie.
Plante wat onder sekere omstandighede nitraatvergiftiging kan veroorsaak is: Hanekam, misbredie, blaarraap, raap, beeskool, rooibeet, mangelwortel, mangel, Soedangras, graansorghum, hawer, rog, koring en mielies. Hanekam, misbredie (Amaranthus spp.) word as die gevaarlikste beskou.
Aangeplante gewasse soos hawer, koring, rog, gars en mielies veroorsaak soms nitraatvergiftiging in herkouers. Hierdie plante is nie altyd giftig nie en die nitraatkonsentrasie word bepaal deur die spesie, groeistadium, fisiologiese kondisie van die plante, grondtipe en nitraatinhoud van die grond. Temperatuur en re?nval kan ook die nitraatkonsentrasie be?nvloed.
Toksiese vlakke van nitrate mag in aangeplante gewasse teenwoordig wees in die vroe? groeistadium van die plante, maar mag vinnig afneem soos plante volwassenheid bereik. Die gedeelte wat voedingstowwe vervoer, bevat die hoogste konsentrasie van nitrate terwyl die laagste konsentrasies in blare, vrugte en grane voorkom.
Plante is veral giftig na swaar bemesting met stikstofbevattende kunsmis, gedurende periodes van lae ligintensiteit (bewolkte weer), beskadiging deur droogtestres of na toediening van onkruiddoders bv. 2,4-D. Die aktiwiteit van nitraatreduktase (ensiem wat nitrate afbreek) verdwyn onder lae ligintensiteit in plante asook in verlepte plante.
In Suid-Afrika is dit algemene praktyk om beeste op droogtegeteisterde mielie- en sorghumgesaaides te laat wei en dit kan erge nagevolge hê. Die nitraatinhoud van plante wat naby mekaar groei, kan baie verskil.
Deur inkuiling verloor voer tot 40-60% van hulle nitrate terwyl dro? voer weinig nitrate verloor.
Water kan ook ‘n potensi?le bron van nitraatvergiftiging vir diere wees. Nitrate kan strome, damme en ondergrondse water besmet deur verskeie maniere: deur meer nitraatbemesting toe te dien as wat plante kan opneem, afvalwater van voerkrale bevat ho? konsentrasie van nitrate, riool en verrottende organiese materiaal bevat baie nitrate, lugstikstof word gebind deur wortelnodules van peulplante soos sojabone en lusern. Diep ondergrondse water in sekere dele van die Springbokvlakte (Limpopoprovinsie), Namakwaland en die suidelike en westelike dele van Namibi? mag gevaarlike vlakke van nitrate en nitriete bevat.
Nitrate word deur bakteri?le nitraatreduktase verander tot nitriete in die rumen. As hierdie reaksie vinniger is, as wat die nitriete deur nitrietreduktase in ammoniak verander word, vind vergifting plaas. Nitriete is ongeveer 10 keer meer giftig as nitrate. Nitriete word in die bloedstroom opgeneem en daardeur word oksihemoglobien verander na methemoglobien. Lg. kan nie suurstof dra nie en ‘n suurstoftekort ontstaan.
Akute nitraatvergiftiging
Akute vergiftiging kom veral voor in honger diere wat groot hoeveelhede voer, wat nitraat bevat, in ‘n kort periode inneem. Siektetekens word binne 1 tot 4 ure gesien na ‘n ho? inname van nitrate in voer of water, maar mag ook 4 tot 8 dae neem.
Die volgende siektetekens mag gesien word: vinnige asemhaling, onre?lmatige asemhaling, vinnige swak pols, progressiewe sianose, vuil slymvliese (bruinerige kleur), inkoördinasie, angstigheid, spiertrillings, konvulsies en somtyds koliek en diarree met vrektes. Aborsies mag voorkom in diere wat oorleef.
By nadoodse ondersoek is die bloed donker, teeragtig en sjokoladebruin.
Subkliniese en kroniese nitraatvergiftiging
Koeie is klein hoeveelhede nitrate oor ‘n lang periode gevoer om te bepaal wat met hulle gebeur. Party koeie was heeltemaal normaal terwyl ander se melkproduksie geval het, ‘n rowwe haarkleed vertoon het en sommige ‘n diarree ontwikkel het. Sommige dragtige diere het geaborteer.
Wanneer aborsies in die laaste derde van dragtigheid voorkom in skape en beeste moet die moontlikheid van nitraatvergiftiging ondersoek word.
Ander tekens van vergiftiging wat ondersoek moet word, is: swak groei, onvrugbaarheid, vitamien A-tekort, goiter en verhoogde voorkoms van infeksie.
Toetse om nitrate vas te stel
Die difenielamien-toets (DP) is ‘n handige kwalitatiewe veldtoets om nitrate in water, plante en diere vas te stel. U veearts sal u van inligting kan voorsien.
As nitraatvlakke in voer meer as 1% op ‘n dro? massa basis of 1 500ppm in water is, kan akute vergiftiging verwag word. Daar is egter uitsonderings waar herkouers ho?r waardes as dié verdra het.
Behandeling
Intraveneuse behandeling vir beeste met ‘n waterige oplossing van 4% metileenblou teen ‘n dosis van 4mg/kg liggaamsgewig, binneaars toegedien, is baie suksesvol. Diere wat selfs op die punt gestaan het om te vrek, het binne 10-15 minute na behandeling begin eet. Vir skape is ho?r dosisse toegedien – 22mg/kg. Bespreek die behandeling met jou veearts.
 
Bron:
Kellerman, T.S., Coetzer, J.A.W., Naude, T.W. and Botha, C.J. 2005. Plant Poisonings and Mycotoxicosis of Livestock in Southern Africa. Oxford University Press.
 
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
 
24 Oktober 2011

Kommentaar

Een kommentaar op “Hawervergiftiging by skape en beeste

  1. wessel
    wessel

    Sooo my skape sal niks oorkom as hulle die hele dag op hawer wy wat nie bemes of gespuit word nie????


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X