Vra vir Faffa

Grootmaak van melkkalwers vir inkomste

Vraag

Ek soek meer inligting oor die ekonomie van bulkalwers grootmaak, asseblief.

Antwoord

 Die grootste voordeel van bulkalwers grootmaak, is die lae koste van toegang tot ‘n onderneming, die sogenaamde “Barrier to entry”.

Indien jy en jou vrou baie toegewyde diereliefhebbers is, kan dit werk, maar min mense kan daarmee volhou.
Die mense wat ons bulkalwers koop en grootmaak, wurg maar almal. (Subjektiewe waarneming)
Jy kry nie die kalwers gespeen op 30 tot 40 dae oud nie. Begroot liewers vir 8 weke op melkvervanger, daarna op kalfpille.
Die grootste probleem is vrektes vandat jy hulle by die melkplaas oplaai tot jy hulle uiteindelik weer bemark – wees dus “Hands on”.
Melkras-kalwers het ‘n veel laer markprys as vleis speenkalwers – R10 per kg teenoor R15 per kg lewend.
Om die kalwers te versamel en aan te ry, is geen geringe taak nie. Reiskoste en onseker voorsiening deur melkplase dra by tot groter koste.
Vleisras-kalwers is gladnie beskikbaar nie – kalf loop mos saam met sy ma.
Moet nie spesiale geriewe gaan bou en infrastruktuur kostes aangaan nie. Benut wat daar is, want anders gaan jy nie jou geld terugkry nie.
Maak seker die melkplaas ent teen siektes en maak seker die kalwers kry biesmelk in voor jy hulle oplaai.
Behou die reg voor om ‘n kalf te weier as hy nie reg is nie, anders gaan jy hom net verloor en dan het jy klaar vir hom betaal.
Ons verkoop tans vir R250 per week oud bulkalf – dan is hy klaar geëent, is gesond en het sy biesmelk gekry.
Grootmaakkostes is ongeveer R100 per week. dus R250 + R100 + R100. Tot op 8 weke is dit dus ongeveer R1 000 – ingesluit die aankoopprys. Maar nou moet jy die 10% vrektes bytel by die kalwers wat oorleef het – en gou kos die 9 kalwers uit 10 oorspronklik aangekoop dus R1 100 stuk.
Verkoop jy hom uiteindelik op 12 maande @ R10 per kg, is daar min of geen wins vir jou nie.  Behalwe as jy hom goedkoop kan laat wei ná die melkfase en op die veld kan vetmes en self waarde toevoeg deur self te slag en die verwerkte vleis direk te bemark. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.
 
Geskryf deur Gerdie Landman, op die gespreksforum.
MOOIMELK KOEIHOTEL
E-mail:  gerdie@koeihotel.co.za
Web:  www.koeihotel.co.za
25 Maart 2010
Lees ook:
 
Kalwers
       Voeding en dosering van hanslammers en –kalwers
       Riglyne vir die grootmaak van kalwers
       Kalfgrootmaak met ad lib melk
       Wei met surrogaat melkpoeier vervang
       Aanvangs- en groeimeel vir kalwers
       Ekonomie van kalwersgrootmaak
       Massatoename in kalwers

Kommentaar

Een kommentaar op “Grootmaak van melkkalwers vir inkomste

  1. cyril
    cyril

    ek soek melkalwers wat geverkoop word


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X