Vra vir Faffa

Groot vyf – praktiese wurmbestuur

Vraag

Ek het ‘n probleem om haarwurms te beheer in my skape, middels wat ek gebruik werk nie meer nie. Ek soek raad wat om nou te doen.

Antwoord

Dit word algemeen aanvaar dat dit op die lang termyn gevaarlik en onvolhoubaar is om gedeeltelik of volledig op middels staat te maak om rondewurms te beheer. Nogtans het die oormatige staatmaak op middels wêreldwyd gelei tot veelvuldige weerstand teen rondewurmmiddels (VWR). Omdat Suid-Afrika onbepland ‘n wêreldleier op die gebied van VWR geword het, moes ons meer volhoubare en holistiese metodes, om wurms in skape te beheer, vind en implementeer. Die klem val op lang termyn, praktiese en goedkoop oplossings wat met mekaar geїntegreer is. Die doel is om te bestuur en nie onhaalbare uitroeiing of eliminering na te jaag nie.

Daar sal altyd boere en selfs hul raadgewers wees wat alle waarskuwings ignoreer en  aanhou om onvolhoubare metodes toe te pas totdat hulle misluk. Hierdie boere sal uiteindelik in ‘n hoek gedryf word waar daar geen maklike opsies meer is nie. Hulle sal dan uiteindelik óf luister na advies óf kleinveeboerdery opgee. Laasgenoemde mag selfs gebeur terwyl die blaam op die diere geplaas word eerder as op die boer en die raadgewers.

Vir die volledige artikel klik op onderstaande aanhangsel.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X