Vra vir Faffa

Grond-, water-, blaar- en kunsmisontledings

Vraag

Waarheen kan ek 'n grondmonster vir ontleding stuur sodat ek kan bepaal waarvoor die grond die meeste geskik is? Ons is in die Randfontein distrik, Gauteng, maar ook naby Noordwes Universiteit in Potchefstroom.

Antwoord

Die LNR-Instituut vir Grond, Klimaat en Water (LNR-IGKW) beskik oor ‘n laboratorium wat grond-, water-, blaar- en kunsmismonsters kan ontleed.
Besonderhede van die dienste wat aangebied word, asook ‘n pryslys, kan by die Laboratoriumhoof, mnr. Adam Loock, verkry word. Sy kontakbesonderhede is: e-pos adam@arc.agric.za, tel: 012-310-2531, faks:012 323-1157.

Adam sal ook besonderhede van betroubare laboratoriums in ander dele van Suid-Afrika kan verskaf, want daar is ‘n organisasie met die naam AgriLASA (Agricultural Laboratory Association of South Africa) waaraan LNR-IGKW behoort en wat kwaliteitsbeheertoetse by alle laboratoriums wat lede is, doen.

Verder kan LNR-IGKW grondopnames doen vir verskeie doeleindes, insluitend landboupotensiaal (Skakel Garry Paterson by garry@arc.agric.za, tel: 012 310 2601) en die Instituut beskik oor
‘n klimaatdatabasis, wat data van verskeie parameters kan verskaf, soos reënval, temperatuur, verdamping, rypperiodes, wind ens. (Skakel Gert de Nysschen by gert@arc.agric.za, tel: 012 310 2660).

Die LNR-IGKW se mandaat behels die uitvoerbare benutting van die natuurlike hulpbronne van Suid-Afrika en ons wil bruikbare inligting en dienste aan soveel mense as moontlik bied.

Geskryf deur: Garry Paterson (Pr.Sci.Nat.), LNR-Instituut vir Grond, Klimaat en Water (LNR-IGKW)
Privaatsak X79, Pretoria 0001, Suid-Afrika

Tel: 012-310-2601; 083 556 2458
Fax: (012) 323-1157

* In Noordwes kan jy Martiens du Plessis van NWK kontak by 072 285 5414. Indien die boer sy grond se voedingstatus en voedingstekorte wil bepaal, kan hy NVirotek Labs gebruik – kontak Francois Reeders by 082 889 0133

21 Augustus 2010


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X