Vra vir Faffa

Grond in klerekas

Vraag

Ek het ’n snaakse verskynsel in een van my ingeboude kaste. Elke dag is daar ’n hoop grond in die kas, maar ek kan nie sien waar dit vandaan kom nie. Maak skoon en die volgende oggend lê daar weer ‘n hele hoop. Daar is groterige stukke tussen-in wat lyk of dit roes aan het. Is dit ‘n swam?

Antwoord

Ek sal moet raai. Ek glo nie dat ‘n swam  verantwoordelik is vir die verkynsel nie.

My beste raaiskoot is dat insekte betrokke is. Ek het dadelik aan miere of termiete gedink, maar die “groterige stukke” pas nie goed  by hierdie teorie in nie.
Soek vir openinge op die vloer of in die vloerlys teen die mure en behandel hulle met ‘n huishoudelike insekdoder. Dit is nie altyd maklik om te sien waar insekte in of uit beweeg nie. As daar nie duidelike opening is nie, spuit reg rondom die vloerlys van die kas – dalk sal daar genoeg insektemiddel indring.     
Geskryf deur: dr. Victor Whitlock, Landboukundige (whitlockv@yahoo.com)
26 Januarie 2012

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X