Vra vir Faffa

Groenvoer vir skape dwarsdeur die jaar

Vraag

Ek het ‘n klein skaapboerdery (40 ooie) aan die gang. Tans voer ek hulle mieliereste as ruvoer en elkeen kry 200g van ‘n mengsel van geelmieliegruis en Maxiwol konsentraat in gelyke dele twee maal per dag. Verder beplan ek ses sirkels elk met ‘n radius van 25 meter waaronder ek groenvoer wil plant. Ek het reeds een met ‘n raaigrasmengsel geplant wat die winter baie goed gedoen het. Ek het ook reeds lusern geplant. My vraag is dit: wat moet ek op die oorblywende sirkels plant om regdeur die jaar groenvoer vir my skape te hê?

Antwoord

  1. Raaigras is reg vir die winter
  2. Ongeveer 33% moet met ‘n somerweiding geplant word. Dit hang af van die grond en verskeie klimaatsfaktore.

Byvoorbeeld:

(a) Kikoejoe  benodig water, vrugbare grond en kraalmis/kompos,

(b) Kweek kan groei in minder vrugbare grond

(c) Rhodes/Smutsvinger/Witbuffel doen goed in gemiddeld tot hoë vrugbare grond en

(d) Bloubuffelgras doen goed in droë en warm dele, maar ook goed onder besproeiing.

  1. Ongeveer 33% kan met Langswenkgras (Festuca arundinacea) gevestig word vir die koeler tye (lente & herfs).

Geskryf deur:  prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

22 Oktober 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X