Vra vir Faffa

Groente in Limpopo

Vraag

Ek is naby Dendron gelee in die Limpopo provinsie.Die area is feitlik ryp vry, met droe winters en nat somers.Die gem. reenval is ongeveer 550mm per jaar.Will graag volgende jaar 6 ha Butternuts onder drip besproeing plant met die voorneme om uit te brei.Die ry spasieerings is 1.5m en die in-ry spassieering is 600mm.Het sterk water en kan tot en met 40ha uitbry.Will graag weet of u my kan raadgee rondom groentes wat goed presteer onder drip besproeing asook raad rondom wisselbou.Die grond is effe suur, goed gedreineerde sand grond.Die omliggende boere plant onderskeidelik Aartappels,Kool en patats.Die volgende vraag wat ek wil stel is rondom bestuiwing.Hoeveel bye korwe moet n mens per ha plaas indien nodig. Byvoorbaat dankie

Antwoord

Kontak die LNR-NIPB (VOPI). Hulle het baie gidspamflette vir die kweek van alle soorte groente. Hulle dek algemene groente-onderwerpe, soos wisselbou in groente. Kontak die skakelbeampte by 012 841 9611 of stuur ‘n faks na 012 808 0844.

Die persoon kan daar ook navraag doen vir die naaste voorligtingsbeampte.

Geskryf deur Vossie de Vos, bilbiotekaresse, Landbouweekblad.

27 September 2010


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X