Vra vir Faffa

Groeikurwes vir beeste en skape

Vraag

Kan julle my dalk behulpsaam wees met die verkryging van groeikurwes vir beide bees en skaap en meer spesifiek, Bonsmara, Brangus, Boran, Hereford en dan Dorper en SA Vleismerino?

Antwoord

Dit is werklik moeilik om die groeikrommes van die verskillende rasse te bekom. Die groot rede hiervoor is dat daar te veel faktore is wat die groeikurwe be?nvloed, waaronder voeding sekerlik die belangrikste is. Groei is die gevolg van ‘n volgorde toename in been, spier en vet. Die onderstaande twee figure is ‘n voorbeeld van die groeikurwe van ‘n bees. Vanaf geboorte gaan ‘n dier deur ‘n fase van stadige groei gevolg deur ‘n fase van vinnige groei. Tot puberteit is die tempo van spiergroei meer as die van vet. Na puberteit is die toename in vetneerlegging meer as die van spiere en dit word die stadium van fisiologiese volwassenheid genoem. Wanneer die dier uitgegroei het (volwassenheid bereik), is daar feitlik geen spiergroei meer nie en word daar vet neergelê. Verskillende bees – en skaaprasse bereik volwassenheid op verskillende chronologiese ouderdomme. Daarom word beesrasse dikwels verdeel in sogenaamde “Kleinraamrasse, Mediumraamrasse en Grootraamrasse” wat baie te doen het met die ouderdom of gewig waarop hul volwassenheid/puberteit bereik. Dieselfde geld tot ‘n mindere mate ook vir skaaprasse. Hierdie is ‘n baie wye onderwerp waarop nie verder ingegaan sal word nie. Daar moet net onthou word dat daar binne ‘n spesifieke ras ook groot verskille kan voorkom. Vir meer besonderhede oor die groeikurwe van elke ras wil ek aanbeveel dat u die onderskeie telersgenootskappe raadpleeg.

Vir grafieke klik op onderstaande pdf.

Literatuur : Diereproduksie Handleiding Technikon SA.

Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannes.dreyer@vodamail.co.za)

9 Junie 2011


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X