Vra vir Faffa

Groeibevorderaars vir varke

Vraag

Ek boer die afgelope drie jaar met varke en wil die volgende weet asb. Is daar `n groeistimulant wat ek vir groeiende varke kan inspuit? Baie dankie.

Antwoord

Daar is nie inspuitbare groeistimulante vir varke beskikbaar nie, maar wel groeibevorderaars wat in die voer toegedien word.

Hieronder volg ‘n lys van produkte wat volgens wet 36 van 1947 geregistreer is vir gebruik in varke.
Ek stel voor dat u die gebruik van hierdie produkte met u voerkonsultant en veearts bespreek.
Albac-150 (G0066, Instavet)
Albac-150 bevat die aktief sinkbasitrasien wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
Bambermycin (G2472, Ceva Animal Health)
Bambermycin bevat die aktief bambermisien wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
Bio-Cox 120G (G2665, Instavet)
Bio-Cox 120G bevat die aktief salinomisien wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
BMD Granulated 10% (G3365, Instavet)
BMD Granulated 10% bevat die aktief basitrasien wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
Ceva Flavo 4k (G2515, Ceva Animal Health)
Ceva Flavo 4k bevat die aktief flavofosfolipol wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
Ceva Salinomycin (G2500, Ceva Animal Health)
Ceva Salinomycin bevat die aktief salinomisien en is ‘n groeibevorderaar
Ceva Tylosin (G2768, Ceva Animal Health)
Ceva Tylosin bevat die aktief tylosin en is ‘n antibiotiese voormengsel wat groei stimuleer en voeromset verbeter.
Coxistac G 12% (G3120, Phibro (Virbac))
Coxistac G 12% bevat die aktief salinomisien en is ‘n groeibevorderaar.
Flaveco 40 premix (G2502, ECO (Afrivet))
Flaveco 80 premix (G3419, ECO (Afrivet))
Flaveco 40 en 80 bevat albei flavofosfolipol wat ‘n groeibevorderaar is.
Flavomycin 8% (G3680) en 0,8% (G1203), Combipharm
Flavomycin 8% en 0,8% bevat flavofosfolipol wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
Mecadox 11% (G39, Phibro (Virbac))
Mecadox 11% bevat karbadoks en is ‘n groeibevorderaar.
Olaquindox 10% premix (G1042, Ceva Anchopharm AH)
Olaquindox 10% premix bevat olaquindoks en is ‘n groeibevorderaar.
Paylean (G2520, Elanco Animal Health, Division of Eli Lilly)
Paylean bevat die aktiewe bestanddeel ractopamien, ‘n voerbestanddeel, wat  gebruik word om groei en voerdoeltreffendheid in varke met 10-15%  te verbeter. Ractopamien verbeter ook karkasmassa en uitslagpersentasie en met ho?r toedienings word die karkassamestelling of gradering (“leanness”) ook verbeter.
Ractopamine is nie ‘n groeistimulant nie, maar verwys nutri?nte sodat die nutri?nte gebruik kan word vir spierneerlegging. Ractopamien bind aan beta reseptore op die selmembraan wat ‘ n proses genereer wat natuurlike prote?ensintese verhoog. Die grootte van die spiervesel word vergroot – nie die aantal spiervesels nie. Verder aktiveer ractopamien ook ‘n ensiemproses om vet af te
breek.

250 gram – 1 kg/ ton  Paylean word in die afrondingsrantsoen gebruik vir groeivarke vanaf ongeveer 55-60 kg lewende massa. Die rantsoen se lisienvlakke moet aangepas word omdat lisienvlakke tussen 0.9 en 1.1 % moet wees. Prote?envlakke van 16 % word aanbeveel.

Paylean word dan vir 28-35 dae (nie langer nie want dan word die reseptore uitgeput) gebruik.

Vleiskwaliteit word nie benadeel nie.

Pharmastim 8% (G3363, Combipharm (Animate AH)
Pharmastim 8% bevat flavofosfolipol wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
Promote (G1247, Virbac)
Promote bevat tylosin wat gewigstoename asook voeromset verbeter. Sacox 120 (G574, Combipharm)
Sacox 120 bevat salinomisien en is ‘n groeibevorderaar.
Salecox 120 (G1882, ECO (Afrivet))
Salecox 120 bevat salinomisien en is ‘n groeibevorderaar.
Salinopharm 12% (G3802, Combipharm (Animate AH))
Salinopharm 12% bevat salinomisien wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
Stafac 500 (G1280, Phibro (Virbac))
Stafac 500 bevat virginiamycin wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
Surmax 100 (G930, Elanco Animal Health, Division of Eli Lilly)
Surmax 100 bevat die aktief avilamisien wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
Taurotec (G0454, Instavet)
Taurotec bevat lasalosied wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
Tylan 100 (G546, Elanco)
Tylan 100 bevat tylosien wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
Tyleco FG 100 (G2152) en FG 250 (G2956), ECO (Afrivet)
Tyleco FG 100 en FG 250 bevat tylosien wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
Tylovet 10% (G3770, Combipharm (Anmate))
Tylovet 10% bevat tylosien wat gewigstoename asook voeromset verbeter.
Zn Bacitrazin 15% (G1070, Ceva Animal Health)
Zn Bacitrazin bevat die antibiotikum basitrasien en is ‘n groeibevorderaar.
Bron: Index of Veterinary Specialities (IVS), Volume 48 number 3.
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
7 Maart 2010
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X