Vra vir Faffa

Grasaanplanting in suide van Namibië

Vraag

Watter gras kan aangeplant word in die suide van Namibië (Rosh Pinah) om dragtige skaap te help?

Antwoord

Ek sal graag wil weet wat die reënval in die omgewing is? Gaan dit onder droëland toestande of besproeiing geplant word?

Onder droëland toestande kan Bloubuffelsgras (Cenchrus ciliaris) of Borseltjiegras (Anthephora pubescens) geplant word. Eersgenoemde bied goeie weiding en hooi terwyl Borseltjiegras goeie weiding en staandehooi vir die winter bied. Indien besproeiing beskikbaar is,sal meer detail nodig wees om goeie beplanning te doen.
As die lampersentasie en speenmassa nie na wense is nie, behoort die aangeplante weiding dit te verbeter.
Geskryf deur: Prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige. (chriswei@vodamail.co.za)

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X