Vra vir Faffa

Grasaanplanting in nat vlei in Belfast

Vraag

Ons wil graag gras, lusern of iets anders plant. Ons het ‘n vleiarea wat in die somer meer nat is as in die winter. Dit is ‘n groot stuk grond wat ons voel gemors word. Ons wil graag enige meerjarige grassoort plant. Is daar enige wat u kan aanbeveel? Ons plaas is te Belfast, Mpumalanga. Sal ook graag grassoort moet wees wat van somerreënval afhanklik is, want ons gaan nie beproei nie. Moet ook kan bewei, glo dit sal te nat weet om te baal. Dankie Aletta

Antwoord

Vleigronde (“wetlands”) is beskermende gebiede in Suid-Afrika en behoort volgens wet nie bewerk te word nie, aangesien bewerking die moontlikheid vir erosie baie vergroot. Die bewerking en saadbed voorbereiding daarop, is ook meestal moeilik en word deur die hoeveelheid grondvog beïnvloed. Die natuurlike plantegroei in vleilande is baie kompeterend wat die vestiging van ingesaaide saad bemoeilik. Voorbeelde daarvan is die teenwoordigheid van Taaipol (Eragrostis plana) in die vleie in die Vrystaat en Mpumulanga. Die hoeveelheid saad van hierdie gras in die grond is gewoonlik so hoog dat dit eers vir  2 tot 3 jaar bewerk moet word om die “saadbank” uit te wis, wat dan die moontlikheid van erosie verhoog. Dit sal werklik raadsaam wees om eers die plaaslike Voorligtingkundige te kontak voor enige bewerking gedoen word.

Die vrugbaarheid van sulke gronde is gewoonlik hoog, maar sal deur ‘n grondontleding bepaal moet word. Grasse wat wel in sulke klam (of versuip) toestande aangepas is, is die Paspalum spesies, waarvan P. notatum (Bahiagras) op die mark is. Indien besproeiing in die winter (vir koeler somer reënvaldele) beskikbaar is, sal Langswenkgras (Festuca arundinacea) ook goed doen.  Nylgras (Acrocerus macrum) groei ook in klam gebiede, maar saad is nie beskikbaar nie en dit moet met steggies geplant word.

Geskryf deur: Prof. Chris S Dannhauser, Weidingskundige, Sel: (+27) 082 873 4736

E-pos: chris@GrassSA.co.za of chriswei@vodamail.co.za


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X