Vra vir Faffa

Grane vir produksiediere, wild en hoenders en voeromsetverhoudings

Vraag

Watter grane word tipies in veevoer gebruik en in watter persentasie (beeste, skape, bokke, varke, hoenders en wild)? Wat is die gemiddelde voeromsetverhouding vir bogenoemde diere?

Antwoord

 

Die graan wat tipies en die meeste in veevoer gebruik word, is mielies. Die hoeveelheid mielies wat ingesluit word, hang af of dit in ‘n lek, kragvoeraanvulling of ‘n volledige rantsoen is asook die betrokke spesie; produksiestadium waarin die betrokke dier is; produksievlak verlang; voedingspeil wat gevoer word; ensovoorts. Dit kan varieer van so laag as 5 % tot so hoog as 70 % en selfs meer. Daar moet egter nie net na een betrokke grondstof gekyk word wanneer diere gevoer word nie. Die betrokke diere se voedingstekorte moet eers vasgestel word en dan moet ‘n rantsoen geformuleer word wat hierdie tekort op die mees koste-doeltreffende wyse sal aanvul om optimum diereprestasie te verseker.
 
Die voeromsetverhouding (VOV) is een van die belangrikste faktore wat wins bepaal en word dikwels as ‘n "benchmark" van winsgewendheid beskou (Lundeen, 2004). Die omsettingsdoeltreffendheid van ingenome voedingstowwe (voeromsetverhouding) na vleis word deur die gehalte van die voerkraalrantsoen; vrywillige voerinname; aanpassing; oorinplantate; medikamente; ouderdom en gehalte van die dier (inherente genetiese potensiaal); ouderdom van die dier; vlak van voedingsbestuur; gesondheidstatus; gehalte van drinkwater; klimaatstoestande; ensovoorts bepaal. Tipiese voeromsetverhouding vir plaasdiere is:
            Speenkalwers: ± 5.5 – 6.5:1
            Speenlammers: ± 4.5 – 5.5:1
            Boerbok speenlammers: ± 6 – 9:1
            Speenvarke: ± 2.2 – 3.2:1
            Braaikuikens: ± 1.6 – 2:1
            Wild: onbekend
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
22 April 2012

Die graan wat tipies en die meeste in veevoer gebruik word, is mielies. Die hoeveelheid mielies wat ingesluit word, hang af of dit in ‘n lek, kragvoeraanvulling of ‘n volledige rantsoen is asook die betrokke spesie; produksiestadium waarin die betrokke dier is; produksievlak verlang; voedingspeil wat gevoer word; ensovoorts. Dit kan varieer van so laag as 5 % tot so hoog as 70 % en selfs meer.

Daar moet egter nie net na een betrokke grondstof gekyk word wanneer diere gevoer word nie. Die betrokke diere se voedingstekorte moet eers vasgestel word en dan moet ‘n rantsoen geformuleer word wat hierdie tekort op die mees koste-doeltreffende wyse sal aanvul om optimum diereprestasie te verseker.

Die voeromsetverhouding (VOV) is een van die belangrikste faktore wat wins bepaal en word dikwels as ‘n "benchmark" van winsgewendheid beskou (Lundeen, 2004). Die omsettingsdoeltreffendheid van ingenome voedingstowwe (voeromsetverhouding) na vleis word deur die gehalte van die voerkraalrantsoen; vrywillige voerinname; aanpassing; oorinplantate; medikamente; ouderdom en gehalte van die dier (inherente genetiese potensiaal); ouderdom van die dier; vlak van voedingsbestuur; gesondheidstatus; gehalte van drinkwater; klimaatstoestande; ensovoorts bepaal.

Tipiese voeromsetverhouding vir plaasdiere is:
Speenkalwers: ± 5.5 – 6.5:1
Speenlammers: ± 4.5 – 5.5:1
Boerbok speenlammers: ± 6 – 9:1
Speenvarke: ± 2.2 – 3.2:1
Braaikuikens: ± 1.6 – 2:1
Wild: onbekend

21 April


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X