Vra vir Faffa

Gifblaarvergiftiging in wild

Vraag

Gifblaar is verspreid oor my 50 hektaar plaas in die Cullinandistrik. Wat stel u voor kan ek op die veld laat wei om die gras kort te hou? Kan pluimvee ook vrek van die gifblaar as ek hul in ’n deel toe kamp? Kan ek bergbokkies, donkies en perde ook in die in die kamp laat wei? Watter wild kan ek daarop aanhou? Kan u my asb raad gee?

Antwoord

Gifblaarvergiftiging is ‘n vergiftiging van beeste, skape en bokke. Vrektes kom veral in die lente en in die herfs voor. Dit is dan wanneer gifblaar bot en die weiding is dan gewoonlik nie goed nie. Dit is as’t ware ‘n ondergrondse boom waarvan net die blaartjies bo die grondoppervlakte uitsteek. 

Dit is nog nooit gedokumenteer dat wild, perde of pluimvee gevrek het van gifblaar nie, maar wees verseker dat skape en beeste heel moontlik sal vrek op ’n kleinerige eiendom.
 
Dit blyk dat eland en koedoes wat blaarvreters is, meer weerstandig teen vergiftiging is as springbokke, wat grasvreters is. Wildsbokke wat in dieselfde omgewing as gifblaar voorkom, mag deur natuurlike seleksie weerstand teen gifblaar ontwikkel het. Dit is nie duidelik of plaasdiere hulself kan aanpas op gifblaarveld nie. Alhoewel perde vatbaar is vir die gifstof (fluoroasetaat) in gifblaar, word hulle nie vergiftig onder natuurlike toestande nie. Gifblaar is so onsmaaklik vir perde dat hulle dikwels gebruik word om veld te bewei wat giftig vir beeste is. Shaw het ‘n skaap en bok doodgemaak deur hulle 57 gram blare te gee, 450 gram het ‘n bees doodgemaak. Egyed het gevind dat 1g gemaalde gifblaar per kg lewende gewig 5 uit 5 skape doodgemaak het. Selfs honde het gevrek toe hulle die derms van ‘n bees wat aan gifblaar gevrek het, geëet het.
 
Bron: Kellerman, T.S., Coetzer, J.A.W., Naude, T.W. en Botha,C.J. 2005. Plant poisonings and mycotoxicosis of livestock in Southern Africa. Oxford University Press. ISBN 978 0 19 57613 4
 
Geskryf deur: dr. Neil Fourie, Toksikoloog (neil@nfourie.co.za)
1 April 2010
Lees ook die volgende antwoorde:
          Gifblaar
          Gifblaar in hooi
          Roei gifblaar uit

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X