Vra vir Faffa

Gifblaar in hooi (2)

Vraag

Ons wildsplaas is geleë langs Entabeni, in die Sterkrivieromgewing en gifblaar kom daar verspreid oor sekere grasvlaktes voor. Ons is van voorneme om die gras te baal en in verhouding, 2 bale gras tot 1 baal lusern, te hamer vir voer. Die volgende wild kom op die plaas voor: koedoe, sebra, rooihartbees, blouwildebees, rooibok, blesbok, njala, gemsbok, kameelperd, eland, waterbok en ander klein wild. Kan u ons asseblief adviseer of vergiftiging nog steeds sal plaasvind na die verwerking van die gras en lusern?

Antwoord

Gifblaar is ‘n baie laag groeiende plant. Indien die snymasjien hoër gestel word, sal geen gifblaar gesny word nie. Gifblaar is eintlik ‘n ondergrondse boom met die blare wat bo die oppervlakte uitsteek. Gewoonlik groei die plant nie hoër as 30 cm nie.

 

Geskryf deur: dr. Neil Fourie, Toksikoloog (neil@nfourie.co.za)

 

1 Junie 2013


Kommentaar

Een kommentaar op “Gifblaar in hooi (2)

  1. Ferdie
    Ferdie

    Die raad om die snymasjien hoër te stel is baie goed. Daar is natuurlik ook die chemiese opsie, nl. om gifblaar met geregistreerde onkruiddoders aan te vat en so te beheer.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X