Vra vir Faffa

Gewasse wat sal groei met brakwater

Vraag

Ons boer in die omgewing van Mariëntal, in die Suide van Namibië. Die boorgatwater in die omgewing is baie brak en bevat baie nitrate, sowel as ander elemente soos natrium en chloried. Is daar enige gewasse wat ons moontlik kan aanplant wat op hierdie tipe brakwater sal oorleef en veilig sal wees om vir vee as voer te gee?

Antwoord

Die volgende gewasse  kan aangeplant word waar brakwater beskikbaar is:

Rhodesgras (Chloris gayana) – ‘n Meerjarige somergras wat goeie weiding bied en ‘n uitstekende hooigewas is.

Langswenkgras (Festuca arundinacea) – ‘n Meerjarige wintergewas wat weiding van Mei tot September kan bied.

Eenjariges soos Hawer (winter) en Baster Babala (somer) doen ook redelik goed.

Die belangrike punt wat onthou moet word, is dat die grond oor tyd ook sal verbrak en dat dit gereeld getoets moet word sodat die nodige chemiese aanpassings gemaak kan word.

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

19 Junie 2015


Kommentaar

Een kommentaar op “Gewasse wat sal groei met brakwater

  1. JP Nell
    JP Nell

    As jy baie nitraat in die water het onthou om dit van jou bemestingsprogram af te trek.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X