Vra vir Faffa

Gevaar om nuwe hondjiie in huishouding in te bring

Vraag

Ons het 2 Jack Russell tefies van ongeveer 7 jaar oud. Ons het so 2 jaar terug 'n Husky baba gekry en sy is na 3 dae doodgebyt deur die Jack Russels. Ons het hulle net bymekaar laat kom as ons by is, maar het op een of ander manier die hek tussen hulle oopgekry. Oor 2 weke kry ons 'n 8 weke oue rifrug tefie. Hoe gaan ons te werk om hulle gewoond te maak aan mekaar?

Antwoord

Die nuwe hondjie sal beslis in gevaar wees – is julle seker dat julle so ‘n kans wil waag?  Die klein hondjie sal in vrees lewe en ‘n swak sosialiseringservaring beleef, as hy dit oorleef.

Die enigste manier hoe dit sal kan werk,  is as die hondjie heeltemal apart gehou word van die ouer honde, totdat hy groot en sterk genoeg is om homself te verdedig.  In daardie tyd sal julle hom moet blootstel aan ander honde met goeie sosiale vaardighede, sodat hy kan leer wat normale sosiale gedrag is, anders raak hy net so kwaai met ander honde as die Jack Russells.

Die ouer honde moet geen fisiese kontak met die hondjie hê vir ten minste 2-3 maande nie.  Dan kan julle ‘n geleidelike voorstelling begin doen – eers mekaar sien en ruik deur ‘n draad, dan vir baie kort tydperke geleidelik op leiband aan mekaar blootstel, en dit altyd met positiewe ervarings (spel, lekkernye) assosieer.  Heroorweeg tog maar eers…

Dr Quixi Sonntag (BVSc)(Hons)PGCHE

Lektor: Etiologie, Welsyn, Voeding, Gedragsmedisyne Gemeenskapbetrokkendheid

Departement van Geselskapdiere Kliniese Studies

FaKulteit Veeartsenykunde

Universiteit van Pretoria

29 Maart 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X