Vra vir Faffa

Gevaar om Beesbrusellose (BBR) deur vendusies en skoue te versprei

Vraag

Kan beesbrusellose by vendusies en skoue versprei word? Hoe gebeur dit? Is daar iets wat ek kan doen om die risiko te verminder as ek beeste aankoop?

Antwoord

Die gevaar om Beesbrusellose (BBR) deur vendusies en skoue te versprei

Hierdie artikel sal poog om die gevare uit te wys van hoe brusellose onwetend op die plaas ingebring kan word en jou kudde kan besmet.

Die volgende het werklik gebeur:

“In ‘n gebied wat relatief vry van BBR is, het ‘n boer kommersiële beeste met ‘n onbekende brusellose status verkoop en daardeur BR versprei na 5 plase …..twee van die plase het so besmet geraak deur hierde aankope dat die kuddes uitgeslag moes word.

In ‘n ander uitbreek, ook in ‘n kommeriële kudde, het die kudde in Junie negatief vir BBR  getoets nadat die  koeie gekalf het.  Al die beeste is op ‘n veiling verkoop in Oktober. ……..4 kuddes het besmet geraak van beeste wat hier ingekoop is. Een nuwe eienaar het ook ‘n stoet gehad wat hy apart gehou het en wat gelukkig nie besmet geraak het nie. BBR het ‘n groot variasie in inkubasieperiode en dit is duidelik  dat sommige diere eers serologies positief geword het na die Junietoets.

Huidiglik is daar ‘n jong veearts (28 jaar oud) van xxxxx,  waar daar in jare geen BBR  was nie, in die hospitaal waar hy vir brusellose behandel word………hy kan onthou dat  hy ‘n keisersnee op ‘n koei gedoen het 2 maande voordat hy simptome begin ontwikkel het.  Hy kan egter nie die plaas of die boer se van onthou nie. Dit maak die vasstelling van die bron van die siekte, baie moeilik. Hopelik sal hy sy rekords kan nagaan om besonderhede vas te stel wanneer hy uit die hospitaal kom”.

Virdie volledige antwoorde in Afrikaans en Engels klik op onderstaande aanhangsels.

Saamgestel deur: Dr. Sewellyn Davey, Voorsitter van die Brusellose werkskomitee van die Nasionale Dieregesondheidsforum (SewellynD@elsenburg.com)

1 Mei 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X