Vra vir Faffa

Gesplete verhemelte of gesplete lip

Vraag

Ons boer in die suide van Namibië. Die boerbokke lam nou en vanweë die gunstige omstandighede, is die drielinge volop. Onder andere is een van 'n drieling met 'n gesplete verhemelte gebore. Kan u aan my verduidelik wat dit veroorsaak en of dit verhoed kan word? Is daar 'n kans op oorlewing?

Antwoord

Gesplete verhemelte of gesplete lip (haaslip) kompleks is te wyte aan ‘n versteuring van die proses wanneer die kaak en gesig gevorm word gedurende die embrioniese ontwikkeling. ‘n Gesplete onderlip is baie raar en as dit plaasvind is dit gewoonlik in die middellyn. Die defekte  mag verskillende afmetings aanneem. Soms mag hierdie defekte ook gepaardgaan met ander defekte in die inwendige organe. In sekere rasse is die voorkoms gekoppel aan ‘n resessiewe geen  bv. Charolais beeste en Texelskape. Die voorkoms is ook ho?r in Beagles, Engelse sniphond (Cocker Spaniels), Worshonde, Duitse herdershonde, Labradors, Schnauzers, Shetland skaaphonde en Siamese katte. In kortkoppige rasse is die risikofaktor tot 30%. In beeste, skape, bokke en perde kom  hierdie afwyking ook voor.

Die hoofoorsaak is geneties (oorerflik), maar voedingstekorte tydens dragtigheid, sekere middels of chemiese blootstelling tydens dragtigheid, meganiese versteuring van die fetus en sommige virussiektes tydens dragtigheid mag dalk die oorsaak van die  afwyking wees. Inname van lupiene (Lupinus sericeus en L. caudatus)  deur koeie in die tweede en derde maand van dragtigheid kan aanleiding gee tot “crooked calf disease” waar gesplete afwykings ook voorkom.

Kliniese tekens is dat diere probleme het om te suig en melk kom by neusgate uit as diere wil drink. Longontsteking kom voor deurdat melk in die longe beland en die infeksie lei baie keer tot die dood. Inspeksie van die verhemelte sal die diagnose bevestig. By vullens is dit soms moeilik om die spleet in die sagte verhemelte te sien.

Behandeling: Diere kan met ‘n maagbuis gevoer word en antibiotika toediening is nodig om sekondêre infeksie te beheer. By kleindiere kan chirurgiese prosedures met jou veearts bespreek word. Dit word gewoonlik op 8 tot 12 weke uitgevoer.

Diere wat hierdie abnormaliteite het, moet nie vir teeldoeleindes gebruik word nie aangesien die oorsaak heelwaarskynlik geneties is en aan die nageslag oorgedra kan word.

Bron: The MerckVeterinary Manual, 10 th Edition. 2010.  ISBN 0-911910-93-X

Saamgestel deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)

2 September 2012


Kommentaar

Kommentaar (2) “Gesplete verhemelte of gesplete lip

  1. maria
    maria

    My ma se yorkie het 3 babas 2teefies 1 reen die 2 teefies het haaslip met gespleete verheemelte die vearts se sit hul uit my ma se hart breuk dis haar kinders sy is baie erg oor haar kinders kan jul ons asb mooi hulp gee asb wat ons kan doen en nie moet nie wat die babas kan help groot asb dis nie lekker om te weet my moeder se hart so seer oor hul nie sy wil hul n lewe gee nie neem nie baie dankie

  2. Beulah
    Beulah

    Ag ek het hulp nodig my teef het vrydag die 3 september 2015 gekraam waar van sy 1reun en 2teefies gekry het maar altwee teefies het gespleteverhemelte en haaslippies wat kan ek doen asb


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X