Vra vir Faffa

Geel uintjie beheer

Vraag

Wil graag raad hê hoe om geel uintjies te onderdruk in koolsaailinge wat 3 weke oud is.

Antwoord

 

Die Departement van Landbou het volgens die 2007 handleiding geen onkruiddoder vir die beheer van uintjies (die 2007 uitgawe is die nuutste beskikbare uitgawe) geregistreer nie.
Monsanto het wel ‘n produk wat uintjies beheer, maar is nie geregistreer vir gebruik in kopkool aanplantings nie. Lasso Micro Tech (Reg no L4728)is ‘n mikroge?nkapsuleerde vooropkoms onkruiddoder vir die beheer van meeste eenjarige grasse en sekere bre?blaaronkruide.
Terloops, volgens Wet 36/1947 mag geen middel aanbeveel word vir gebruik op ‘n plantsoort as dit nie geregistreer is vir gebruik op daardie spesifieke plantsoort (bv. koolplante)  nie.
My raad is om maar die uintjies uit te skoffel in die koollande.
Geskryf deur: dr. Victor Whitlock, Landboukundige (whitlockv@yahoo.com)
Klik op onderstaande adres vir inligting oor glifosaat
18 Desember 2011

Kommentaar

Kommentaar (2) “Geel uintjie beheer

  1. Annatjie
    Annatjie

    Ek dink nie die skrywer wat aanbeveel dat die uintjies uitgeskoffel moet word het ‘n idee van uintjies nie. Daar is nie ‘n manier wat uintjies so uitgeroei kan word nie. Se maar net.

  2. Fanie
    Fanie

    Ek stem saam Annatjie,jy kan skoffel soos jy wil maar as daar net die geringste bolletjie agter bly groeie die swernoot net weer.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X