Vra vir Faffa

Geel lammers met geboorte

Vraag

Ons is tans in die middel van ons Merino lamtyd en het die afgelope week geel lammers aangekry. My vermoede is dat dit weens die droogte is wat ons ervaar of stres van die ooi. Kan jy my dalk met die inligting help?

Antwoord

Indien ooie langer neem met die geboorteproses word die lam geel gekleur deur die lam se eerste ontlasting (mekonium).  Op bladsy 15 van die onderstaande webadres: http://www.eblex.org.uk/wp/wp-content/uploads/2013/06/Manual-14-Reducing-lamb-losses-for-Better-Returns.pdf

word die volgende gemeld: “Meconium staining, when the coat is yellow, indicates stress during delivery.”

Indien ooie stres ervaar soos bv. as gevolg van ‘n energie- en proteïentekort, mag die geboorteproses langer neem en sal lammers geler wees.

http://www.lifestyleblock.co.nz/lsb-forum/showthread.php?t=29571

Inligting verskaf deur dr. Johan van Rooyen, Veearts, Steynsburg (sdh01@telkomsa.net)

20 Oktober 2014

Om die oorsaak van stres vas te stel het dr. Jasper Coetzee die volgende inligting nodig:

  1. Op watter tipe weiding was die ooie die laaste vier weke voor lam?
  2. Is daar gannabos in die kampe wat die ooie bewei?
  3. Watter byvoeding (lekke & voere) word vir die ooie op die veld en in die kraal die laaste vier weke voor lam gevoer?
  4. Teen watter peile word die byvoeding gevoer?
  5. Is daar baie kalk in julle drinkwater en veld?
  6. Voer julle sout of soutblokke eenkant vir die ooie by?
  7. Voer julle dalk mielies vir die ooie voor lam?
  8. Hoe groot is die ooie se uiers voor lam (is hulle klein of baie groot)?
  9. Is die biesmelk van die ooie wat pas gelam het dik en taai?
  10. Is ingekoopte ramme op hierdie ooie gebruik?
  11. Kry jy probleme met ooie wat ook tweelinge lam?
  12. Hoeveel probleme kry jy by die jongooie wat jy met geboorte moet help?

Enige ander relevante inligting sal waardeer word.

Jasperco@iafrica.com

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X