Gebruik van strignien onaanvaarbaar
Vraag
Ons is Suid-Afrikaners, wat vir die volgende 3 jaar in Islamabad, Pakistan gestasioneer is. Hier gebruik die Regering strignienbesmette aas om eienaarlose diere van kant te maak. Die aas word in woongebiede versprei. Geen rommelbeheer of gededikeerde asgate, het hope gemors oraloor tot gevolg. Selfs stroompies is vol gemors. Ek het geleentheid om met die owerheid oor die 'wrede' vergiftiging deur strignien te praat en benodig klinkklare feite oor die nadeel wat hierdie gebruike vir die mense van Pakistan inhou. Kultuurgewys is hulle nie natuur- of diergeoriënteerd nie en dus is die fokus 'mense' en waterbronne.Antwoord
Strignienvergiftiging
Die redenasie behoort die volgende strekking te hê:
- Strignien is een van die gifstowwe wat moontlik die wreeedste dood in ‘n dier veroorsaak.
- Enige veearts wat dit al probeer behandel het, sal daarvan kan getuig..
- Uitgesproke spiersametrekkings, asemnood en senusimptome.
- Vergiftiging met strignien het baie afgeneem in die derde wêreld.
- So, as julle die gifstof gebruik, is julle agter die derde wêreld.
Die uitsit van aas met gifstof in, van watter aard ookal, is onaanvaarbaar. Behalwe vir die totale beheerde!!! uitroei van plae soos rotte ens.
Indien die diere ‘n probleem is, wat wel die geval kan wees, dan moet hulle in vanghokke gevang word en vankant gemaak word deur veeartse.
Sou enige kind/mens van die aas optel en eet, sal hulle ook te sterwe kom. Dit is nie onmoontlik in ‘n arm gemeenskap nie.
Hoop die bietjie inligting help.
Geskryf deur: Dr. Neil Fourie , Toksikoloog (neil@nfourie.co.za)
25 November 2017
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans