Vra vir Faffa

Gebruik van koggelramme by KI

Vraag

Ek onttrek my ramme van my ooie na paartyd. Ek gebruik tans koggelramme voordat my teelramme by my ooie kom. Ek wil ‘n groep ooie laat KI. Geld die beginsel van totale onttrekking en gebruik van koggelramme ook in die geval van KI?

Antwoord

Die beginsel van koggelramme by ooie wat geïnsemineer gaan word, is beslis steeds van toepassing.  Die enigste geval waar dit nie van toepassing is nie, is wanneer ooie steeds in kontak (sig of reuk) met ramme is.

In die geval waar ooie geensins naby ramme was vir ‘n periode van twee maande of meer nie, is die teenwoordigheid van koggelramme by die ooie ‘n besliste prikkelfaktor wat veroorsaak dat die ooie weer in siklus begin kom, wat ‘n positiewe effek op die hele proses van sinchronisasie en uiteindelike besetting van ooie na KI het.

Opsommend:  Dit maak nie saak watter tegniek toegepas gaan word om ooie te beset nie, die teenwoordigheid van koggelramme na ‘n tyd van afwesigheid van ramme naby ooie, is altyd ‘n goeie praktyk.

Geskryf deur: Hendriette Stafford, Ramsem. www.ramsem.com

19 Maart 2016

Vir verdere inligting oor koggelramme gaan na:

hulp.landbou.com

Klik op Indeks van antwoorde

Klik op Skape en bokke

Klik op Teling

Klik op Ramme

Klik op Koggelramme

Een voorbeeld verskyn hieronder

https://hulp.landbou.com/kundiges/dierevoeding/distansie-tussen-koggelramme-en-ooie/

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X