Vra vir Faffa

Entstowwe teen hartwater

Vraag

Ek lees in die RPO blaadjie dat ‘n nuwe entstof teen hartwater ontwikkel is. Kan julle vir my meer besonderhede gee?

Antwoord

Hierdie artikel het verskyn in die RPO publikasie Rooivleis, volume 1, nr 3, September 2010

Hartwater of cowdriose is ‘n infektiewe, nie aansteeklike bosluisgedraagde siekte wat veroorsaak word deur ‘n intrasellulêre rickettsia, Ehrlichia ruminantium. Die siekte affekteer beeste, skape en bokke en sommige wilde herkouers en word oorgedra deur bosluise van die genus Amblyomma.
Hartwater is gewoonlik ‘n akute siekte en mag dodelik wees binne dae na die aanvang van siektetekens. Veldobservasie en proewe onder laboratoriumtoestande het aangetoon dat besmette diere die vermo? het om beskermende immuniteit teen hartwater te ontwikkel nadat hulle ‘n virulente infeksie oorleef het.
Huidiglik bestaan die enigste kommersi?le immunisering uit gevriesde skaapbloed wat virulente E. ruminantium organismes bevat. Wanneer diere binneaars met hierdie organismes ingespuit word, moet hulle terapeuties behandel word wanneer ‘n koorsreaksie ontwikkel.
Daar is voorheen gerapporteer dat wanneer merinoskape en boerbokke met ‘n geattenueerde (makgemaakte) E. ruminantium (Welgevondenstam) bevattende selkultuur intraveneus ingespuit is, en die diere immuniteit ontwikkel het, hulle ten volle beskermd was teen  die virulente Welgevonden hartwater isolaat wat binneaars toegedien word.
Verdere eksperimente het aangetoon dat gevriesde selkulture wat die geattenueerde Welgevonden isolaat hartwater organismes bevat het,  ook diere effektief ge?mmuniseer het.. Intraveneuse inenting met die selkulture het nie hartwater in inge?nte diere veroorsaak nie. Met uitdaging met die virulente homolo? hartwaterstam was al die diere ten volle beskerm. Na ses maande was die ge?mmuniseerde diere weer uitgedaag en was hulle weer ten volle beskerm. Twaalf maande na immunisering is hulle weer uitgedaag en een dier uit die groep was nie beskerm nie.
Die onderhuidse en binnespierse toediening van die entstof is ook getoets omdat die manier van toediening meer gebruikersvriendelik is. Beskerming verwek met die onderhuidse toediening was nie so goed as met die intraveneuse toediening nie. Met die binnespierse toediening is 4 uit 5 diere beskerm tydens uitdaging met  dodelike homolo? hartwater organismes.
Die effektiwiteit van die geattenueerde entstof was ook ge?valueer in Angorabokke wat hoogs vatbaar vir hartwater is. Drie groepe Angorabokke is elk intravenous inge?nt met verskeie entstofdosisse.
Na inenting het al die diere ‘n styging in temperatuur getoon. Die groep wat die hoogste dosis van hartwater organismes gekry het, moes chemoterapeutiese behandeling ontvang om verliese te voorkom. In die ander groepe moes slegs een bok in die groep wat die laagste dosis ontvang het, behandel word.
Al die Angorabokke, ook die wat behandel is, is gedaag met homolo? virulente hartwater organismes. Daar is gevind dat hulle ten volle beskerm was en geen siektetekens gewys het nie.
Geskryf deur dr. E.P. Zweygarth
Antwoord van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP)
OBP is die verspreider van ‘n bloedentstof teen hartwater wat vervaardig word deur die Onderstepoort Veterinêre Instituut (OVI).    OBP en OVI is ook betrokke by ‘n gesamentlike projek om ‘n ge?naktiveerde selkultuur hartwaterentstof te ontwikkel. Resultate tot op hede is bemoedigend, maar dit sal nog etlike jare neem voordat so ‘n entstof, wat die huidige bloedentstof sal vervang, kommersieel beskikbaar sal wees.
 Geskryf deur:dr. Theresa Smit, Hoof Operasionele Beampte, OBP (theresa@obpvaccines.co.za)
27 September 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X