Vra vir Faffa

Entstof teen perdesiekte

Vraag

Ek wil graag eens en vir altyd uitvind: die entstof teen perdesiekte, vir hoeveel stamme is dit? Ek hoor dit is vir net een van nege stamme. Tog lees ek in artikels dit is vir almal, behalwe 9 wat nie hier voorkom nie. Wat is die waarheid, asb.

Antwoord

Perdesiekte virus bestaan in die natuur uit 9 tipes, bekend as serotipes,  wat deur muggies oorgedra word. Onderstepoort Biologiese Produkte produseer ‘n polivalente entstof wat 7 verswakte stamme van die virus bevat en wat voorberei word in twee komponente (enstof bottels), een waarvan drieledig is en die ander vierledig. Die immuniseringsprogram bestaan uit die toediening van daardie twee komponente drie weke uitmekaar. Twee van die 9 serotipes van die virus is nie ingesluit nie, omdat voldoende kruis-beskerming verskaf word deur ander serotipes in die entstof.

Geskryf deur: Prof. Moritz van Vuuren, Viroloog, Fakulteit Veeartsenykunde, Uniiversiteit van Pretoria.

22 Februarie 2017

Lees ook die aangehegte aanhangsel oor ‘n die inenting van perde met ongeregistreerde entstowwe teen Afrikaperdesiekte wat uitgereik is deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X