Vra vir Faffa

Ent teen bloednier

Vraag

Hoe gereeld moet hy teen bloednier ent, vra 'n leser.

Antwoord

Vraag:
Kan ek slegs een keer per jaar teen bloednier ent, bv. met skeertyd, of moet ek daarteen ent elke keer wanneer die voeding van die skaap verander word? – Alfons Ferreira (alfonsf@vkb.co.za)

Antwoord:
Inligting oor bloednier by skape is reeds beantwoord in antwoord nommer 1902352 "Bloednier – seker die belangrikste skaapsiekte" (22/3/2006). Belangrike inligting is ook te lese in dr. Marijke Henton se antwoord oor bloednier (1988394 van 25/08/2006).

Om op te som: Bloednier word veroorsaak deur ‘n gifstof (epsilon-toksien) wat deur die kiem (bakterie) Clostridium perfringens tipe D afgeskei word. Entstof teen bloednier word gewoonlik jaarliks herhaal nadat ‘n aanvanklike eerste inenting – opgevolg deur ‘n skraagdosis een maand later – toegedien is. Dit blyk egter uit die voorkoms van uitbreke dat sekere distrikte of plase ‘n baie strawwer blootstelling aan bloednier het as ander.

Baie boere ent nou twee maal per jaar teen bloednier, as volg:

  • Multivax P (G1517; Wet 36/1947 ): Immuniteit wat deur die skaap ontwikkel word, beskerm die dier teen Mannheimia haemolytica pasteurellose, bloednier, klem-in-die-kaak, baarmoeder-sponssiekte en gewone sponssiekte, of
  • Multivax P PLUS (G3694; Wet 36/1947 ): Immuniteit wat ontwikkel beskerm die skaap teen Mannheimia haemolytica pasteurellose, Pasteurella trehalosi pasteurellose, bloednier, klem-in-die-kaak, baarmoeder-sponssiekte, gewone sponssiekte, bloedpens, bloedderm en nekrotiese lewerontsteking.

    Entstof word toegedien 4 – 6 weke voor die lamseisoen begin (sodat die komende lammers genoegsame bies-immuniteit verkry), asook ‘n tweede inenting ses maande later met slegs Pulpyvax (G2192; Wet 36/1947) wat alleenlik teen bloednier werk en daardie immuniteit skraag.

     

  • Geskryf deur dr. Riaan du Preez, Intervet.

    28 Augustus 2006


Kommentaar

Een kommentaar op “Ent teen bloednier

  1. Amanda
    Amanda

    dankie vir u goeie raad en hulp. ek weet nie waarom nie, maar as ons skape wel bloednier kry, al is dit bietjie gevorder, gee ons hulle een eetlepel blomswael in met ‘n bietjie water agterna. die volgende dag loop hul weer veld toe


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X