Vra vir Faffa

Ekonomiese belang van lewerslakwurms, diagnose, voorkoming en behandeling

Vraag

Wat is die beste raad teen lewerslak sonder om melkproduksie te affekteeer? Dr, ek lees in een van die Veeplaas artikels so 'n klein verwysing na bloedtoetse wat gedoen kan word om 'n lewerslakinfestasie te bepaal. Sal graag meer wil weet hieroor...Hoe gaan ons te werk om die bloedmonsters te neem en waarheen neem ons dit vir die toets? Ons boer met beeste en skape en weens die baie vleie en besonder nat weer ondervind ons 'n probleem met lewerslak, bruin peervormige slakwurn en haarwurm.. o ja hierdie jaar kan ons die resultate begin sien van FAMACHA..dit werk regtig!

Antwoord

Lewerslakwurmbesmetting (lewerbotsiekte) is een van die belangrikste siektes van plaasdiere wat deur parasiete in die wêreld veroorsaak word. Ekonomiese verliese word veroorsaak deur verlies aan melk en vleisproduksie, lewerafkeurings, sekondêre bakteri?le infeksies, inmenging met vrugbaarheid, vrektes en die verhoogde uitgawe as gevolg van meer gereelde lewerslakwurmbehandeling. (Boray)

Baie werk moet nog gedoen word om die boerderygemeenskap in te lig dat effektiewe beheer van lewerslakwurms op korrekte en ge?ntegreerde beheermaatre?ls, wat op die epidemiologie (alle faktore, wat die voorkoms van lewerbotsiekte be?nvloed) van die siekte gebaseer is, berus.
Beheerprogramme moet daarop konsentreer om die aantal lewerslakwurms in die gasheer te verminder. Deur gereelde dosering, korrekte bestuur wat weidingrotasie insluit, word die besmetting van weidings verminder. Hierdie maatre?ls moet ondersteun word deur die vermindering van die waterslakke wat as tussengashere dien.
Geen verworwe immuniteit ontwikkel in skape nie en tot op hede is daar ook nog nie kommersi?le entstowwe teen lewerslakwurms beskikbaar nie. Dus is goeie bestuur en die gebruik van wurmmiddels nog die beste beheermaatre?ls in die hand van die boer om die siekte te beheer.
Vir volledige artikel klik op onderstaande pdf.
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
16 Julie 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X