Vra vir Faffa

Ekonomie van beesvoerkraal vs ooie met lammers

Vraag

Waar kan ek die meeste geld maak? Voerkraal met 30 speenkalwers vs 150 ooie met lammers? Watter een is die beste/maklikste om te bestuur ?

Antwoord

 

  1. Algemeen
Beide hierdie stelsels is baie bestuursintensief en vereis daaglikse toesig. Dit is verder baie moeilik om die twee stelsels met mekaar te vergelyk bv.
  • Ooie met lammers – stelsel het ‘n jaar nodig om te voltooi
  • terwyl die afronding van speenkalwers 90 – 120 dae duur.
Verder maak u geen melding van voere wat beskikbaar is nie.
  1. Skape
As aanvaar word dat u met dubbeldoel skape boer (wat beide vleis en wol produseer) , dan is die huidige netto marge in die omgewing van R380 per ooi per jaar (VKB Diensburo). Dit beteken dat u met 150 ooie ‘n netto inkomste van R57 000 kan verdien. Die volgende moet egter onthou word :
1)    Aankoopprys van ooie is tans baie hoog en is nie in berekening gebring nie
2)    Beide skaapvleis- en wolpryse is tans baie hoog
3)    Daar is ‘n redelike groot tekort aan skaapvleis in die land
4)    Diefstal en verliese aan ongediertes bly die grootste probleme by skaapboerdery.
  1. Voerkraal
Voerkrale is die afgelope tyd onder redelike groot druk om te oorleef as gevolg van ho? speenkalfpryse. Volgens navrae is die netto marge per kalf afgerond in die orde van R300 – R350. Dit beteken dat u met 30 kalwers R10500 per siklus kan verdien. Dit beteken dat u ten minste vyf siklusse deur die jaar moet voer om te vergelyk met skaapboerdery.
  1. Opsomming
Daar is so baie onbekende faktore dat dit baie moeilik is om ‘n sinvolle aanbeveling te maak. Indien u meer besonderhede verskaf, kan ‘n volledige beplanning en aanbevelings gemaak word. Skakel die skrywer direk.
Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannes @vodamail.co.za)
1 Oktober 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X