Vra vir Faffa

Effek van swembadwater op beeste

Vraag

Ek het ‘n paar dragtige Brahmankoeie wat op huurgrond loop. Ek het hulle onlangs verskuif na ‘n nuwe huurplaas. My vraag is: op die plaas is ’n swembad en ek merk dat die beeste water uit die swembad suip. Die swembadwater is baie skoon. Ek is bekommerd of die chloor ‘n nadelige effek op die koeie kan hê. Daar is natuurlike water asook ‘n krip met boorgatwater. Ek dink hulle drink slegs die swembad water as hulle ver van die ander waterbronne is.

Antwoord

Die swembadwater is baie skoon omdat daar ‘n chemiese stof in is om alg- en bakteri?le groei te stop. As dit chloor is, behoort dit geen effek op die beeste te hê nie. Ons drink elke dag water wat met chloor behandel word.

 Indien daar koper in die swembadwater gevoeg word, moet ons versigtig wees. Die soort beeste waarmee jy boer, is nie vatbaar vir redelike vlakke van koper nie. Skape en Jerseys is vatbaar vir chroniese aansameling van koper. Daar is ook swembaddens wat met gewone sout behandel word om die water skoon te hou en dié water sal ook skadelik wees.
Maak dus seker wat in die swembad gebruik word om die water skoon te hou.
 
Geskryf deur: prof. Neil Fourie, Toksikoloog (neil@neilfourie.co.za)
 
22 Februarie 2012

Geelsiekte (kopervergiftiging)

 
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X