Een van tweelinglammers is kleiner as die ander tydens geboorte
Vraag
Ek het jong dorperooie wat nou lam. Twee van die ooie het tweelinglammers, maar in albei gevalle is een van die lammers bitter klein en word ook ’n hele ruk na die eerste een gebore. Die skape loop op hawer en raaigras, wat baie geil is.Antwoord
Waarskynlik is die rede ‘n gebrek aan voeding vroeg in dragtigheid, wat daartoe gelei het dat onvoldoende ontwikkeling van baarmoederknoppe plaasgevind het.
Geskryf deur emeritus professor Gareth Bath (gfbath@gmail.com)
21 September 2017
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans