Vra vir Faffa

Droëland aangeplante weiding in die Wes-Kaap

Vraag

Ek wil graag weet watter grasse geskik is om aan te plant in die Boland/Swartland. Geen besproeiing. Sal die Hoëveldgrasse soos Smutsvinger en Oulandsgras geskik wees vir die Kaap?

Antwoord

Die winterreënval in die gebied maak die vestiging van genoemde grasse moeilik in die Wes-Kaap. Smutsvinger is al met redelike mate van sukses daar geplant. Kikoejoe onder besproeiing word met sukses in die George omgewing geplant. Dit is die beste om met Weidingkundiges op Elsenburg te praat (me. Anneline Swanepoel of dr. Johan van Heerden) of op Outeniqua Proefplaas, te George (dr. Phillip Botha).

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
 
10 Mei 2010
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X