Vra vir Faffa

Drakrag van plaas

Vraag

S T MOKOKA BOERBOKKE: My gebede is verhoor aangesien ek al lank na ‘n plasie soek om op te boer! Ek het hulp gekry om op ‘n stuk grond (440 hektaar) naby Vaalkopdam te huur. Ek het my 20 bokke en 50 beeste vanaf die kommunale gebied by Ramokokastad na die grond verskuif. My vraag is met hoeveel beeste en bokke kan ek op die grond boer? Ek sou ook graag met Dorpers wou boer. Sou dit raadsaam wees? S T MOKOKA E-MAIL mokokast@hotmail.com

Antwoord

 

Die dravermo? van die plaas sal die aantal beeste, bokke en skape waarmee op die plaas geboer kan word, bepaal.  Een grootvee eenheid (GVE) is ‘n dro? koei van 450 kg en ‘n kleinvee eenheid is ‘n ooi van 50Kg. Ses kleinvee eenhede (KVE) is gelyk aan een GVE. 
As die dravermo? van die plaas bv. 6 hektaar per GVE is, dan sal jy met ongeveer 66 beeste, of met 50 beeste en 64 skape/bokke kan boer.
Jy kan verseker ook met Dorpers boer, mits jou beplanning (hulle getalle) om met hulle te boer binne die drakrag van die plaas val. Belangrik is dat jy hulle aankoop vanuit die omgewing om onnodige aanpassing van die diere te voorkom.
Die dravermo? van die plaas in die Vaalkopdam omgewing sal jy verkry van die naaste kantoor van die  Departement van Landbou.
 
Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)
4 Julie 2010
 
Lees ook:

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X