Vra vir Faffa

Drakrag en invloed van te veel beeste op weiding

Vraag

Wat is die definisie van 'n GVE en is daar riglyne vir hoe om dit uit te werk volgens die grootte van beeste? Hoe sal 50-100 te veel beeste op ‘n plaas die veld beïnvloed oor ‘n 3-5 jaar termyn? Sal speenkalwers wat 2 maande teruggehou word die veld ook 'n knou gee?

Antwoord

Wat is die definisie van ‘n GVE en is daar riglyne vir hoe om dit uit te werk volgens grootte van beeste?

Die amptelike definisie van ’n GVE is ’n bees met ’n massa van 450 kg wat 500 gram in massa toeneem op ’n grasweiding met ’n gemiddelde energieverteerbaarheid van 55%. Voerinname van ’n dier word hoofsaaklik deur sy grootte en produksiestadium bepaal. Die getal vee wat op ’n plaas aangehou kan word, sal dus deur die tipe dier en produksiestadium bepaal word. Om ’n sinvolle weidingsbeplanning te doen, kan die Meissner-tabelle as riglyn gebruik word om GVE- eenhede te bereken. Vleisbeeste word in drie kategorieë verdeel nl. grootraamtipe, mediumraamtipe en kleinraamtipe.
  
Hoe sal 50-100 te veel beeste op plaas die veld beïnvloed oor ‘n 3-5 jaar termyn?
Dit hang af hoe groot die plaas is. Oorbeweiding lei tot swakker diereprestasie en veldagteruitgang en daar is ‘n kritieke draaipunt waar produksie per hektaar afneem en dus ook winsgewendheid.
 
Sal speenkalwers wat 2 maande teruggehou word die veld ook ‘n knou gee?                                                                                  In ‘n goeie reënjaar behoort dit nie ‘n te groot probleem te wees nie, veral as dit met die groeiseisoen saamval.
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere                                            
20 Oktober 2009

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X