Vra vir Faffa

Dragtigheid by wild en ander diere

Vraag

Wat is die tydperke van dragtigheid by wild en ander diere, soos varke, ganse, beeste?

Antwoord

Vraag: Wat is die tydperke van dragtigheid by wild? Kan u ook laat weet wat dit vir ander diere, soos varke, ganse, beeste, ens., is? Antwoord: Die vraesteller het nie gespesifiseer watter wildsoorte nie en omdat daar so ‘n geweldige verskeidenheid is gaan ek net ‘n paar hier noem. Die literatuur dui amper al die spesies se dragtigheidsperiodes slegs benaderd aan, met redelike groot speling. Hier volg ‘n paar voorbeelde:

Blou-duiker – 4-7,5 maande

Blesbok – 9 maande Bosbok – 6-7 maande

Eland – 8-9 maande

Gemsbok – 8,5 – 9 maande

Kameelperd – 15 maande

Koedoe – 7 – 8 maande

Olifant – 22 maande

Rooibok – 6,5 – 7 maande

Springbok – 5,5 – 6 maande

Vlakvark – 6 maande

Zebra – 12 maande (360 tot 390 dae)

Die dragtigheidsperiodes van ‘n paar “geselskapsdiere” is:

Beeste – 9 maande (279 – 284 dae)

Donkie – 12 maande (348 – 377 dae)

Hond – 2 maande (63 dae)

Kat – 2 maande (56 – 60 dae)

Konyn – 28 – 33 dae

Muis – 22 – 24 dae

Perd – 11 maande (320 – 355 dae)

Skaap – 5 maande (144 – 156 dae)

Vark – 3maande, 3weke, 3dae (114 dae [110 – 118 dae])

Broeityd van eiers:

Duif – 17 – 19 dae

Eend – 28 – 32 dae

Gans – 28 – 32 dae

Hoender – 20 – 22 dae

Tarentaal – 25 – 29 dae

Boeke wat tot hulp kan wees is:

  • Handboek oor Veesiektes. Monnig en Veldman. Tafelberg Uitgewers .
  • Wildboerdery & Natuurreservaatbestuur. Eddie Young. Eddie Young Uitgewers. Nylstroom.
  • Game Ranch Management. J.duP. Bothma (Editor). J.L. van Schaik Pty(Ltd). Pta.31 Oktober 2005

Kommentaar

Een kommentaar op “Dragtigheid by wild en ander diere

  1. billy vos
    billy vos

    naand en baie dankie..word baie waardeer..groete billy


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X