Vra vir Faffa

Dorperlammers se koppe, oë, swel op

Vraag

'n Leser het lammers verloor nadat hul koppe en oë opgeswel het. Hulle het die volgende dag gevrek. Is dit dikkopsiekte?

Antwoord

Vraag:
Ek het pas twee Dorperlammers verloor deurdat hul koppe en oë opgeswel het en die volgende dag dan vind ons hulle dood in die kraal. Kan dit wees dat hulle dalk dikkopsiekte gekry het a.g.v. iets wat hulle gevreet het? Ek is nou bang ek verloor nog skape en weet nie hoe om dit te verhoed nie? Die lammers is 6 maande oud. – Lizette (Vanzyl001@absamail.co.za)

Antwoord:
Dit is nie maklik om ‘n diagnose te maak as ‘n mens nie die diere self gesien het nie. Prof. Neil Fourie, wat ‘n toksikoloog is, vertel my dat Dorpers met swartkoppe nie die tipiese geeldikkopsiekte kry nie maar dat hulle wel geel word en fotosensitiwitiet van die wit dele kry, die sogenaamde lyf-geeldikkop. Skape wat geeldikkop kry is ook vir ‘n paar dae siek en akute vrektes kom gewoonlik nie voor nie. Om meer te lees oor geeldikkop kyk na antwoord:
1662662: Geeldikkop by skape 27/3/2006.

Wat waarskynlik hier ter sprake is, is ‘n klostridiale infeksie (bakteriële besmetting). Gaan lees meer by:
1901576: Soek raad oor dikkopprobleem 20/3/2006.
1657646: Skape het opgeswelde gesigte 27/3/2006.
1668978: Dikkop-sponssiekte by beeste, skape 27/3/2006.

Dié bakterieë moet êrens die kop-gebied binnedring deur ‘n wond. Voorbeelde mag wees: deur ‘n inspuiting in die wang; oorplaatjie; oormerk of deur beserings tydens dosering waar die punt van die doseerspuit deur die bekslymvlies gesteek word. Maak seker dat daar higiënies gewerk word deur spuite en naalde goed te kook en oorplaatjietange en oorkniptange te steriliseer. Gaan doseerspuite na.

Skape kan voorkomend ingeënt word teen klostridiale siektes bv Multiclos G3392 en Gasganreen kompleks entstof G2950.

 

  • Geskryf deur dr. Faffa Malan, Intervet en prof. Gareth Bath, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria.

    23 Januarie 2007


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X