Vra vir Faffa

Dormerooi met sagte kloue

Vraag

Ek het 'n Dormerooi wie se hoewe baie sag geword het. Volgens inligting is dit van op gras loop, maar hoekom gebeur dit dan nie met die ander nie. Die hoewe aan albei voorbene is baie sag en maak dat die ooi soos 'n skouperd loop, baie versigtig moet ek sê. Is daar iets wat gedoen kan word?is baie sag en maak dat die ooi soos ;n skou perd loop baie versigtig moet ek sê.Is daar iets wat gedoen kan word?

Antwoord

Net soos by mense, is daar ook tussen diere verskille. Sommige skape gaan vrotpootjie of sweerklou kry en ander nie. ‘n Middel wat die kloue hard maak, is formalien. Jaag die skape weekliks deur ‘n 5 % formalienvoetbad. Moenie korter as weekliks deur die voetbad jaag nie, want anders raak die kloue te hard en bars dit. Indien dit net enkele skape is, kan hulle hoewe in ‘n houer met ‘n 5 % formalienoplossing gedruk word. Indien skape se kloue lank uitgroei, moet hulle gereeld geknip word. 

Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
27 Augustus 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X