Vra vir Faffa

Domsiekte, melkkoors en magnesiumtetanie

Vraag

Ek het probleme met melkkoors by veral tweelingooie wat in 'n intensiewe stelsel bestuur word. Daar is ook heelwat geel lammers. Die skape word 'n mengsel van Maxiwol, landelek, Procon, melassemeel en mielies gevoer. Die mengsel bevat 5 kg voerkalk per ton. Ruvoer is goed bemeste oulandsgras. Tans spuit ek die ooie met kalsium. Kan ek dit met voeding regstel?

Antwoord

Drie metaboliese siektes kan by laatdragtige en lakterende ooie voorkom wat voedingsverwant is, naamlik domsiekte, melkkoors en magnesiumtetanie. Hierdie drie siektes is baie nou verwant en ontstaan weens ‘n voedingstofwanbalans en/of -tekort. Al drie siektes kan deur die volg van die korrekte voeding- en bestuurspraktyke reggestel word. Skaapprodusente wat probleme met een of meer van hierdie siektes in hulle kuddes ondervind, word aangeraai om direk met dr. Jasper Coetzee (083 386 83 82 of jasperco@iafrica.com) in verbinding te tree sodat hy eers ‘n diagnose van watter siekte voorkom, kan maak. Verder moet sekere voerontledings gedoen word voordat die probleem reggestel kan word. Sekere bestuurspraktyke, asook ongure weer kan ook hierdie siektes “trigger,” maar die primêre oorsaak word deur voeding geïnduseer.

 
Lees ook:
    
     Domsiekte
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
19 September 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X