Vra vir Faffa

Die 5, 5, 4 dipstelsel

Vraag

Ek lees in LBW van 16 Nov.2012 van die 5,5,4-dipstelsel. Kan u asb. verduidelik wat dit behels?

Antwoord

Ooskuskoors  word veroorsaak deur Theileria parva, ‘n protosoïese parasiet, en die bruin-oorbosluis is die draer van hierdie parasiete wat in beeste en buffels voorkom.

Om die bruin-oorbosluis te beheer, is in die verlede ‘n dipprogram van 5, 5, 4 dae gevolg. Die rede hiervoor is omdat die larwes en nimfe van hierdie bosluis dikwels net 3 tot 4 dae op die dier bly voordat hulle volgesuig is en afval.  Baie van die aktiewes wat gebruik is om bosluise te beheer het nie ‘n nawerking gehad nie en daarom is die beeste met kort tussenposes gedip.

Die diere is dus met 2 tussenposes van 5 dae gedip en dan met ‘n tussenpose van 4 dae om ‘n 14 dae siklus te voltooi sodat beeste nie op ‘n Sondag gedip hoef te word nie.

As ‘n dipstof met ‘n lang nawerking gebruik word, kan die bosluise deur gereeld weekliks te dip, egter goed uitgeroei word. Die siekte is tans onder beheer in Suid-Afrika, maar met die toename in buffelboerdery in ons land moet ons paraat wees vir tekens van hierdie siekte.

Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)

23 November 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X