Vra vir Faffa

Diarree in kalwers: wat om te doen

Vraag

My kalwers, ongeveer 3 maande oud, se mae werk en vrektes kom voor. Wat moet ek doen?

Antwoord

Byna elke dag hoor ons van boere wat probleme met diarree in hulle vleisbeeskalwers het.

Dit is uiters belangrik dat daar ‘n diagnose van die probleem deur u veearts gemaak moet word om kalwerverliese te voorkom, asook om voorkomende maatre?ls te tref om verdere uitbreke te beperk.
Van die belangrikste kieme wat tans uit die mis van kalwers met diarree ge?soleer word, is:
Escherichia coli (E.coli): Daar is meer as 20 stamme wat gifstowwe afskei en diarree kan veroorsaak. Die voorkoms van die verskillende stamme verskil van plaas tot plaas en daarom is dit belangrik dat vasgestel word watter stam of stamme die diarree veroorsaak.
Salmonella stamme: Daar is verskillende stamme (S.Dublin, S.Typhimurium, S. Bovismorbificans) wat siekte kan veroorsaak. Dit is dus ook belangrik dat vasgestel word of een of meer van hierdie kieme betrokke is.
Mikoplasmas: Hierdie kieme word al hoe meer gevind en ons weet nog nie presies wat hulle rol in die voorkoms van diarree uitbreke is nie.
Virusse: Virusse soos bv. rota en corona virusse kan ook diarree in kalwers veroorsaak.
Parasiete: Inwendige parasiete soos bv. bankrotwurms, peervormige slakwurms, koksidiose kan ook diarree veroorsaak.
Diagnosering van die probleem:
U veearts sal mis van diere wat diarree het voor behandeling versamel en so gou as moontlik op ys na ‘n laboratorium wegstuur wat tussen die verskillende stamme van E.coli en Salmonella kan onderskei. Hierdie laboratorium sal ook antibiogramme (die bepaling van watter antibiotika teen die kieme werksaam is) doen, sodat die regte behandeling vir die kalwers toegedien kan word. Daar is al hoe meer kieme wat nou weerstandig teen die antibiotika’s is waar hulle vroe?r vatbaar was.
’n Misondersoek moet ook gedoen word om te bepaal of parasiete nie die diarree veroorsaak het nie.
Behandeling:
U veearts sal u van middels kan voorsien om die kalwers te hidreer (elektroliete). Nadat die resultate van die antibiogram bekend is, sal ‘n effektiewe middel voorgeskryf word vir die behandeling van die kalwers.
Voorkoming:
Daar is kommersi?le entstowwe teen E.coli en Salmonella beskikbaar wat toegedien kan word. Die entstowwe sal slegs goed werk as die kieme in die entstof ooreenstem met die kieme wat die diarree in die kalwers veroorsaak. U veearts sal u van meer inligting kan voorsien.
‘n Outogene entstof kan ook van die kieme wat van die kalwers met diarree ge?soleer is, gemaak word. Vir verdere besonderhede kontak bio-inv@iafrica.com.
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, dr. Daan Goosen en Adriaan Botha
30 Januarie 2010
Lees ook:
 
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X