Vra vir Faffa

Diarree in kalwers in KwaZulu-Natal

Vraag

Aan die begin van die somer (November – Desember 2012) het van my vleisbeeskalwers baie meer maagwerking as ander jare. Wat kan die rede wees?

Antwoord

KwaZulu-Natal is baie nat. Dit lyk of hierdie aanhoudende nat weer ‘n beduidende rol gespeel het in die voorkoms van diarree by kalwers. Ek mag dalk verkeerd wees in my observasies, maar dit lyk asof die kalwers wat die laaste gebore is tydens die kalfseisoen die hardste geslaan is deurdat hulle nie volle gebruik kan maak van die groot melkvloei wat hulle moeders het a.g.v. die oorvloedige groen gras wat tans beskikbaar is nie.

 

Boere wat voortydig hulle diere ingeënt het teen die verskeie agente (rota en corona viruse, E.coli en Salmonella tipes) wat diarree veroorsaak, het beslis minder probleme.

 

Pasop vir poele water rondom lekbakke waar kalwers met diarree die water besmet. Kalwers ruik aan die water en kan dit selfs drink en raak op die wyse besmet.

 

Moenie kuddes te lank in nat modderige kampe of krale aanhou as met kalwers gewerk (bv. onthoring) word nie.

 

Oorweeg dit om volgende lente diere teen oorsake van diarree in te ent. Bespreek die program met jou veearts. Kalwers wat herstel van ‘n diarree-episode se hare is lank omdat hul nie verhaar nie en hul kondisie neem ‘n lang tyd om te herstel, wat hulle speenmassa negatief affekteer.

 

Geskryf deur: Barry Symons, Veekundige (glenbella@symonsbulls.co.za)

 

24 Desember 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X