Vra vir Faffa

Dexterkruisings

Vraag

Ons boer op 'n klein stukkie (220ha) grond 8km buite Dealesville in die Vrystaat. Ons het 'n Dexterstoet (die langbeen tipe bees) maar oorweeg dit om eerder oor te skakel na 'n kommersiële beeskudde weens die tekort aan aanvraag vir Dexters a.g.v hulle klein karkasbou. Ons wil ons koeie gebruik in kruisteling om sodoende 'n kalf met 'n groter karkas en meer kg vleis te kry. Kan iemand my asb. raad gee oor watter bul die beste sal wees om die Dexterkoeie te dek sodat groter kalwers gekry word maar wat die koei steeds sal kan kalf en grootmaak? Sover is die raad wat ons kon inwin, dat ons Tulibulle moet oorweeg, maar sal graag nog opinies wil hoor. Dankie

Antwoord

Enige klein- en  mediumgrootteraam ras kan gebruik word mits die nodige voorsorg getref word om kalwingsprobleme te voorkom.

Aangesien die Dexter meestal swart van kleur is en laasgenoemde kleur dominant is oor meeste ander kleure sal ek  rasse soos die Drakensberger  en die swart Angus oorweeg.

Geskryf deur:  dr. Hannes Dreyer, Veekundige en Besturende Direkteur, Veldbul en -ram Suid-Afrika (BRSA) (hannes.dreyer@vodamail.co.za), Sel: 082 823 1045

21 September 2014


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X