Vra vir Faffa

Dexter as grootvee-eenheid

Vraag

Hoeveel Dexterbeeste kan ek in die plek van een gewone grootraambees aanhou? My drakrag is 10ha/GVE en ek verstaan dat 'n Dexter nie as 'n (volle) GVE gereken word nie.

Antwoord

Dexterkoeie weeg in die omgewing van 340 tot 350 kg en bulle ongeveer 450 kg. Die volgende tabel gee die aantal GVE vir kleinraamtipe beeste. Hiervolgens behoort ‘n 350 kg koei ongeveer 0.8 GVE te wees. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die Dexter ‘n melkbees is en dat dit sy voedingsbenodigdhede sal opstoot.

GVE volgens raamtipes.
 
Kleinraamtipe
 
                 Klas                          GVE            Massa(kg)   Getal / GVE
Speenkalf (7 maande)
0,44
180
2,3
Koei, droog (3 jr)
1,01
400
1,0
Koei, droog (volwasse)
1,10
500
0,9
Koei,dragtig (3jr)
1,01
400
1,0
Koei,dragtig (volwasse)
1,10
500
0,9
Koei met kalf (3 jr)
1,22
400
0,8
Koei met kalf (volwasse)
1,42
500
0,7
Os ( 18 maande)
0,75
300
1,4
Os ( volwasse)
1,10
490
0,9
Bul (volwasse)
1,36
600
0,8
Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannes@vodamail.co.za)

3 Oktober 2010


Kommentaar

Een kommentaar op “Dexter as grootvee-eenheid

  1. Danie
    Danie

    n Dexter is nie n melkbees maar n dubbeldoel ras. Mens kry bv Dexters wat meer na melk kant of na die vleis kant staan. Toetse by LNR Glen het bewys dat Dexters met voeromsette teenoor groei minder as 6kg voer kan eet vir 1kg vleis optel.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X