Vra vir Faffa

Dermatofilose – Klontwol in skape en Senkobosiekte in beeste

Vraag

As gevolg van die oormatige re?n word die lammers se wol hard en daar is vratagtige vergroeisels op die ore en om die mond. Wat is die oorsaak?

Antwoord

Klontwol word deur ‘n bakterium Dermatophilus congolensis veroorsaak. Die bakterie? produseer soöspore wat beweeglik is en as hulle ontkiem, word daar filamente geproduseer wat ook na die kante toe uitspruit en maklik met swamgroei verwar kan word. Die soöspore kan vir lang periodes onaktief lê, maar warm vogtige toestande skep die ideale toestande vir hulle om aktief te raak en filamente te ontwikkel. Ander name vir die siekte is dermatofilose of Senkobosiekte as dit in beeste voorkom.

Infeksie met D. congolensis kom hoofsaaklik in skape in Suid-Afrika voor, maar beeste, bokke, perde, muile, donkies, waterbuffels en varke kan ook die siekte opdoen. Lammers tussen 3 en 8 maande is veral vatbaar.
Oordraging
Die siekte word veral deur direkte kontak tussen diere oorgedra en veral as diere nat is. Die kiem veroorsaak korse op die vel en as dié korse nat word, beweeg die swamspore na die oppervlak van die kors. Hierdie spore kan dan ander diere aansteek.
Oordraging vind veral plaas waar diere nat is en saamdrom bv. tydens vervoer, in krale, in skure en as hulle aangejaag word.
Die klontwolkiem kan ook in klein skurfteletsels op die gesig of ore van skape oorleef. Sulke diere dien as draers van die siekte. Die spore, wat aanleiding gee tot nuwe besmettings, kom van die dro? skurfteletsels op die gesig en ore van volwasse skape of jong lammers. Die soöspore is baie bestand teen uitdroging en hitte en is verantwoordelik vir verdere besmettings. Onder nat toestande kan die spore nie baie lank buite die letsel leef nie. Die spore sterf geleidelik af in die ou letsels, dog enkeles kan nog etlike maande nadat die letsel reeds genees het, onder die roof lewend bly. Akute letsels is egter ‘n veel groter bron van besmetting as ou, dro? letsels of letsels wat reeds herstel het. Chroniese gevalle bly egter die belangrikste bron van oorlewing van die besmetting gedurende dro?, koue tye en is dan ook die hoofbron van besmetting en verspreiding gedurende die daaropvolgende nat, warm seisoen.
Die kiem kan ook vir ongeveer 4 maande in die grond oorleef. Die kiem kan selfs in dipstowwe oorleef waarby daar nie koper- of sinksulfaat bygevoeg is nie.
Skape word op ‘n natuurlike wyse teen moontlike aanvalle van die klontwolkiem beskerm deur hulle wol- of haarkleed asook deur die was- en horinglaag van die vel. As hierdie beskermingsmeganismes geskaad word, kan dit tot die ontstaan van klontwol bydra. Tydens skeer word die beskermende wol- of haarbedekking verwyder, maar die vel kan ook raak geskeer of beskadig word. Die vel kan ook beskadig word deur grassade, dorings en uitwendige parasiete veral bosluisbyte. Wanneer diere geoormerk word, is dit ook die ideale toegangsroete vir spore. Baie re?n of dip beskadig ook die waslaag van die vel en los dit op. Dipstof kan ook die oppervlakkige laag van die vel beskadig.
Jong lammers is baie vatbaar vir die klontwolkiem, want hulle word sonder wolvet gebore. Dit duur 4 tot 5 weke voor die beskermende waslaag op die vel gevorm is.
By bokke word limfknope selfs aangetas asook vergroeisels net onder die vel.
In beeste kom die letsels voor waar daar veroorsakende faktore is. Faktore wat ‘n rol kan speel is:
Die bul wat tydens dekking die vel van koeie beskadig.
Bosluisbyte
Dorings wat die vel krap
In kalwers kom letsels veral op die neus, nek en kop voor
Korste kan ook met sekondêre bakterie? besmet raak en tot vrektes van beeste lei.
Groot letsels in beeste kom veral in warm, vogtige gebiede met ho? re?nval voor. Letsels kan selfs binne in die bek voorkom.
 
In perde word die besmetting met D. congolensis “re?nvrot” genoem. Perde wat in modderige, nat areas loop, kan ook letsels op hulle hakke ontwikkel en die siekte word “modderkoors” genoem
 
Siektetekens
Die letsel is ‘n ontsteking van die vel (dermatitis) en begin as ‘n klein, rooierige area op die vel wat vir ‘n week of twee duur. Daarna vind vogafskeiding en korsvorming plaas. Gewoonlik is die kondisie nie irriterend nie, wat help om dermatofilose van brandsiekte te onderskei.
Die letsels kom voor waar die vel beskadig is en waar die besmetting met die kieme plaasgevind het. In nat, re?nerige toestande kom die letsels veral op die rug voor. By diere wat doringagtige struike bewei, kom die letsels veral op die bek, bene en hoefkrone voor. As die letsels op die hoefkroon voorkom, word dit aarbeivoet genoem.
Die volgende toestande kan waargeneem word:
Algemene vorm
Die kiem tas die oppervlakkige vellae aan. Die taai afskeiding wat voorkom, laat die wolvesels aanmekaar koek en veroorsaak die kenmerkende klontwol. As die klont afgetrek word, is die vel gekraak en soms is daar ‘n rou, bloeiende seer aanwesig. Soms is daar net ‘n paar letsels, maar in ander gevalle is die hele dier se rug en liggaam oortrek van die klonte. Die letsels lei ook tot brommeraanvalle.
Hardelamsindroom
Hierdie toestand kom veral by jong wolskaaplammers, wat in die re?nseisoen gebore word, voor. Die siekte staan ook soms bekend as “Harde re?nsiekte”.  Dou, mis en lang gras hou die wol klam. Die hele rug, nek en selfs die ore word een kors. Soms kom letsels op die lippe en gesig voor. Die lam is siek, vreet en suip sleg, verloor kondisie en kan selfs vrek. Baie boere verkies dan ook nie dat hulle ooie in die warm, nat somermaande lam nie weens die ho? voorkoms van klontwol.
Die nat velletjie van die lam tydens geboorte is ook baie vatbaar vir infeksie deur D. congolensis.
Dorpers
Dorpers kan hulle hele bedekking van wol en hare verloor vanwe? die besmetting. Skape kan heeltemal kaal raak met net ‘n bietjie hare wat op die ore, kop en bene oorbly. Skape kan weens blootstelling vrek. Kwaai klontwolbesmetting kan voorkom as diere gedip word sonder byvoeging van sinksulfaat.
Angoras
Klontwol kan ook Angorabokke aantas. Dit gaan met haarverlies gepaard.
Aarbeipoot
Die hoefkroon van skape word aangetas en is waarskynlik ‘n infeksie van die vuilbekvirus saam met ‘n gelyktydige infeksie deur die klontwolkiem.
Oor- en gesigsklontwol
Dit is heelwaarskynlik die gevolg van insekte wat bloed suig.
Dro? tye en koue maande
Gedurende hierdie tye kom die siekte in die vorm van ‘n dro? skurfte op die dele van die gesig wat nie met wol bedek is nie, veral die ore en lippe voor. Die letsels is soms baie moeilik waarneembaar.
Bokke
By bokke word limfknope selfs aangetas asook vergroeisels net onder die vel.
Beeste
In beeste kom die letsels voor waar daar veroorsakende faktore is. Faktore wat ‘n rol kan speel, is:
Die bul wat tydens dekking die vel van koeie beskadig.
Bosluisbyte
Dorings wat vel krap
In kalwers kom letsels veral op die neus, nek en kop voor
Korste kan ook met sekondêre bakterie? besmet raak en tot vrektes van beeste lei.
Groot letsels in beeste kom veral in warm, vogtige gebiede met ho? re?nval voor. Letsels kan selfs binne in die bek voorkom.
Perde
In perde word die besmetting met D. congolensis “re?nvrot” genoem. Perde wat in modderige, nat areas loop, kan ook letsels op hulle hakke ontwikkel en die siekte word “modderkoors” genoem.
Mense
Dermatofilose is ‘n soönose en kom veral voor op die hande as puisies en somtyds op die voete.
Diagnose
Deur monsters van die korste te neem, kan die veearts die kieme onder ‘n mikroskoop identifiseer. Die kieme kan ook op ‘n groeimedium gekweek en dan ge?dentifiseer word.
Ekonomiese implikasies
Klontwol veroorsaak groot geldelike verliese vir die wolboer. Aangetaste stukke wol moet weggegooi word. Skape word moeilik geskeer. Aangetaste diere vermaer en mag selfs vrek.
 
Behandeling
Diere kan met antibiotika behandel word. Besoek u veearts, wat u van ‘n kombinasie van penisillien en streptomisien kan voorsien. ‘n Enkele behandeling met ‘n langwerkende tetrasiklien behoort ook doeltreffend te wees.
Ligte infeksies kan behandel word deur die diere in ‘n 1:200-oplossing van ‘n kwaternêre ammonium preparaat te dip of te was. Dit mag nodig wees om die behandeling met tussenposes van weke te herhaal.
Voorkoming
Deur 5% sinksulfaat by dipvloeistof te voeg word voorkom dat klontwol versprei.
Skeer klontwolskape laaste sodat ander skape nie aangestek word nie.
Moenie nat skape kraal nie en voorkom dat hulle saamdrom.
Sinksulfaatpoeier in die wol in die middel van die ruglyn geplaas, kan in re?ntye help.        
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
10 Februarie 2011
Bronne:
Bruére, A.N. en West, D.M. 1993. The sheep: health, disease and production. Veterinary continuing education, Massey university, Palmerston North, New Zealand. ISSN 0112-9643
Coetzer, J.A.W. en Tustin, R.C. 2004. Infectious diseases of livestock. Oxford University Press.
ISBN 0 19 576171 5
De Wet, J en Bath, G. 1994. Kleinveesiektes. Tafelberg-Uitgewers Beperk
ISBN 0 624 03203 5
Mönnig, H.O. en Veldman, F.J. 1975. Handboek oor veesiektes. Tafelberg-Uitgewers Beperk. ISBN 0 624 00359 0
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X